Die Losgemaal Britse & Ierse Leeus Reeks - Episode 7: Peter de Villiers

--:--
Dit is die Dinsdag voor die eerste Toets teen die Britse en Ierse Leeus en die opwinding loop hoog met die Bok-span wat aangekondig is. Hein en Cappie het in hierdie eposide voormalige Bok afrigter Peter De Villiers by hulle en as die man wat aan die stuur was tot die Leeus laas met die stert tussen die bene huistoe gestuur is, kon hulle nie ‘n beter brein gekies het om te tap vir inligting nie. Die bekendste Snor in rugby bring sy tasbare passie en energieke, unieke personlikheid (en sê-goed) tot ‘n uitsending wat Springbok ondersteuners nie durf misloop nie – moenie dat die dobbelstene verkeerd vir julle val nie, vat die leertjie en kom luister saam!
20 Jul 2021 Afrikaans South Africa Sports · Rugby

Other recent episodes

Die Losgemaal - 2022 Hier Gaan Ons Alweer

'n Nuwe jaar en 'n klomp nuwe dinge, maar ook die begin van die 2022 Carling Curriebeker seisoen en ons kuier saam met Angus Opperman en Jacques "Mier" Terblanche wat met ons gaan gesels oor die naweek se wedstryde wat kom.
14 Jan 2022 1 hr 03 min

Die Losgemaal - Die Jaar Wat Is En Was

Hein en Cappy kuier saam met Angus Opperman en gesels oor die naweek se plaaslike wedstryde tussen die Sharks en Bulls en Stormers en Lions en hulle deel ook uitstaan oomblike van die afgelope jaar.
2 Dec 2021 1 hr 07 min

Die Losgemaal - Kom Sê Jou Sê

In hierdie episode van Die Losgemaal nooi Hein en Cappie ons kykers om saam te gesels oor alle rugby sake en kyk hulle voorentoe na die naweek se URC kragmetings.
25 Nov 2021 56 min

Die Losgemaal - Raeburn Skild

Daar is n spesiale titel wat sedert 1871 meegeding word, maar eers onlangs begin opslae maak het en die Springbokke is tans die houers van die Raeburn Skild en #DieLosgemaal span gesels met die man wat alles beheer.
23 Nov 2021 49 min