Preek Opnames

Vind hier opnames van ons mees onlangse preke.
Weekly Afrikaans South Africa Christianity · Christianity
104 Episodes
1 – 20

Erediens - 12 Januarie 2025

Prediker : DJ Muller Tema : Samaria: God se Gees was LAAT? Hoekom? Teks: Handelinge 8:14-17 In Samaria word die Gees eers heelwat later oor die gedoopte nuwe lidmate uitgestort. Dit is heeltemal verkeerdom met hoe dit normaalweg gebeur het! Hoekom was die Gees dan “laat”? Ons gesels onder andere…
12 Jan 30 min

Belydenisaflegging - 21 Oktober 2024

Prediker: Nadia Muller Teks: Matteus 14:22-33 Tema: “No turning back”   Om belydenis van geloof af te lê, is soos Petrus wat in geloof uit die boot moes klim en saam met Jesus op die water moes loop. Dit gaan oor geloof en vertroue in Jesus, selfs wanneer ons begin…
22 Oct 2024 27 min

Erediens - 13 Oktober 2024

Prediker: DJ Muller Teks: Hebreërs 9 Tema: Die jaar van Jesus: ‘n Koning wat vir MY intree?   Verlede Sondag het ons gepraat oor gebed, veral vir ander mense (intersessie). Hierdie week neem ons hierdie tema verder, maar kyk na wat dit beteken vir ons as gelowiges dat Jesus vir…
13 Oct 2024 31 min

Erediens - 01 September 2024

Prediker: Nadia Muller Teks: Matteus 26:36-46 Tema: Die jaar van Jesus: Pyn Ons sien ’n dokter, drink ’n pil, ondergaan ’n operasie, of gaan vir fisioterapie – enigiets om fisiese pyn te vermy, te voorkom of te oorkom. En dan probeer ons dieselfde met emosionele pyn, maar ons besef gou…
1 Sep 2024 36 min

Kinderdiens - 25 Augustus 2024

Prediker: DJ Muller Teks: Verskeie Tema: Speel die lewe se groot wedstryd In hierdie diens leer ons oor hoe om ons geestelike lewens te leef deur die voorbeeld van netbal te gebruik. Net soos in ’n netbalwedstryd waar ons hard moet oefen, fokus moet hê, en nooit moet opgee nie,…
25 Aug 2024 31 min

Erediens - 18 Augustus 2024

Prediker: Nadia Muller Teks: Johannes 4 Tema: Die jaar van Jesus: Om vir Jesus water te gee. Daar is soveel wat ons by Jesus kan leer in hierdie gedeelte, veral oor hoe Hy mense ontmoet en kies wie Hy ontmoet. As volgelinge van Jesus streef ons daarna om al hoe…
18 Aug 2024 35 min

Erediens - 11 Augustus 2024

Prediker: DJ Muller Teks: Rom. 12 Tema: Trio vir die wêreld: God, ek en my geloofsgemeenskap Baie keer hoor ons mense sê dat hulle nie regtig ‘n kerk of ander vorm van geloofsgemeenskap nodig het nie, want “hulle saak met God is reg”. Vandag kyk ons na hoe God, elkeen…
11 Aug 2024 28 min

Erediens - 04 Augustus 2024

Prediker: DJ Muller Teks: Joh. 10, Ps. 42 Tema: “Wanneer sal ek ooit tevrede voel?” Baie keer voel ons leeg, en onbevredig. Ons strewe na meer en groter, maar voel steeds nie beter (voller) nie. Wanneer sal ons werklik tevrede voel? Wanneer kom ons op ‘n punt waar ons voel…
4 Aug 2024 27 min

Erediens - 21 Julie 2024 (Dr. Siegfried Louw)

Baie keer word ons lewens té besig, té vol en té gejaag. Dan bars ons damwalle en veroorsaak dit groot skade. Siegfried gesels oor wat ons kan doen wanneer ons op hierdie punt kom. Ons kyk na wat Jesus ons leer hieroor en fokus op hoe nuwe insigte ons kan…
21 Jul 2024 49 min

Erediens - 14 Julie 2024

Prediker: Nadia Muller Kategese: Tydens diens in saal Teks: Lukas 15:1-7 Tema: Die jaar van Jesus: Verlore skape Jesus vertel die gelykenis van die verlore skaap, waarin die herder 99 skape agterlaat om een verlore skaap te gaan soek. Hierdie gelykenis volg nadat die skrifgeleerdes hul ontevredenheid uitgespreek het omdat…
14 Jul 2024 18 min

Erediens - 23 Junie 2024

Prediker: DJ Muller Teks: Johannes 13 Tema: Die Jaar van Jesus: Diensbare leierskap Dit gaan nie so goed met die wêreld soos was ons wil hê dit moet gaan nie. Daar is oorloë, korrupsie, hongersnood, armoede en algemene verval. Lyk die wêreld dalk so omdat ons wag vir iemand anders…
24 Jun 2024 23 min

Erediens - 16 Junie 2024

Prediker: Nadia Muller Teks: Markus (Verskeie) Tema: Die Jaar van Jesus: Swaarkry en lyding Swaarkry en seerkry is onlosmaaklik deel van die lewe, en gaan dikwels gepaard met 'n bitter smaak in die mond en 'n oorvloed van "hoekom?" vrae. Deur Markus se oë gaan ons na Jesus se lewe…
16 Jun 2024 30 min

Erediens - 09 Junie 2024

Prediker: Nadia Muller Teks: Mar. 9:42-50 Tema: Die Jaar van Jesus: Inklusiwiteit - God se inklusiwiteit begin in jouself. Ons praat vandag oor God se inklusiwiteit en hoe Hy elkeen roep om 'n lewe van heiligheid te lei, ongeag hul status of omstandighede. Jesus het mure afgebreek en mense ingelaat,…
9 Jun 2024 33 min

Erediens - 26 Mei 2024

Prediker: DJ Muller Teks: Mat. 18:1-5 Tema: Kinders en kampioene: Wie's nou eintlik die wenners? In Matteus 18 lees ons van 'n paar gesprekke waartydens Jesus sy dissipels waardevolle lesse leer. Onder andere vra die dissipels Hom wie die belangrikste sal wees in die nuwe koninkryk. Jesus roep dan 'n…
26 May 2024 38 min

Pinkster 2024 - Deel 4

Ons kyk na die verband tussen die vier natuur elemente en die Heilige Gees. Net soos vuur, lug, water en grond lewe aan ons gee, so gee die Heilige Gees ons lewe, beweeg en bestaan volgens Handelinge 17:28a. Ons verken dit as volg elke keer: Die Vier Natuur Elemente in…
19 May 2024 24 min

Pinkster 2024 - Deel 3

Ons kyk na die verband tussen die vier natuur elemente en die Heilige Gees. Net soos vuur, lug, water en grond lewe aan ons gee, so gee die Heilige Gees ons lewe, beweeg en bestaan volgens Handelinge 17:28a. Ons verken dit as volg elke keer: Die Vier Natuur Elemente in…
15 May 2024 21 min

Pinkster 2024 - Deel 2

Ons kyk na die verband tussen die vier natuur elemente en die Heilige Gees. Net soos vuur, lug, water en grond lewe aan ons gee, so gee die Heilige Gees ons lewe, beweeg en bestaan volgens Handelinge 17:28a. Ons verken dit as volg elke keer: Die Vier Natuur Elemente in…
13 May 2024 29 min

Pinkster 2024 - Deel 1

Ons kyk na die verband tussen die vier natuur elemente en die Heilige Gees. Net soos vuur, lug, water en grond lewe aan ons gee, so gee die Heilige Gees ons lewe, beweeg en bestaan volgens Handelinge 17:28a. Ons verken dit as volg elke keer: Die Vier Natuur Elemente in…
12 May 2024 21 min
1 – 20