DStv Kyknet: Kassie-Kuiers met Renaldo Schwarp

Kyknet: Kassie-Kuiers met Renaldo Schwarp

Is kykNET en alles wat dit bring een van jou lewensare? Is jy nuuskierig oor die binnewerkinge, nuwe karakters of boeiende storielyne? Dan is kykNET se nuwe aanlynprogram net vir jou.

Met Kassie-Kuiers gaan jy nie net die nuutste witwarm nuus van programme soos Binnelanders, Suidooster en Boer Soek ‘n Vrou hoor nie, Renaldo Schwarp skuur ook weekliks skouers met al jou gunstelling kykNET TV-sterre.

Die program is uiters interaktief en hou die vinger op die pols deur te kyk wat mense aan die praat het. Kassie-Kuiers gaan ook eerste wees om nuwe karakters en storielyne aan kykers te bring.
Weekly Afrikaans South Africa Entertainment News · TV & Film
44 Episodes
12 – 32

Spoorloos en sy legkaarte

Bobby van Jaarsveld vertolk een van sy grootste rolle nóg in Spoorloos: Die Eiland! Renaldo Schwarp gesels met hom en skrywer-regisseur Christo Davids oor die nuutste seisoen se spanning en intriges wat op kykers wag.
12 Jul 2022 9 min

Real. Real. Real.

Francois het sy keuse gemaak! In ’n EKSKLUSIEWE episode met Renaldo Schwarp, kyk Francois Jacobs en Schalk Bezuidenhout terug na die tweede seisoen. Hoe gaan dit als eindig?
6 Jul 2022 9 min

Stories met ‘spice’

Renaldo Schwarp het spesiaal op stel gaan kuier by aanbieders Pietman Geldenhuys en Lyntjie soos hul gereed maak vir nog ’n splinternuwe seisoen van OppieStoep! Dis ’n voorsmakie met dié gesoute storievertellers en grapmakers!
28 Jun 2022 10 min

Pa. Pappa. Daddy.

Ons vier Vadersdag met die Binnelanders-span. Renaldo Schwarp gesels met Bradley Olivier en Cobus Rossouw oor die druk van pa-wees en watter lesse hulle vir hul kinders wil agterlaat. Mila Guy, Germandt Geldenhuys en Antoinette Modise deel ook hul Vadersdag-wense.
23 Jun 2022 9 min

Jeugdag!

Jong akteurs op die kassie gesels oor hul rol en verantwoordelikheid in die samelewing. Renaldo Schwarp hoor by Marco Spaumer, Mienke Ehlers, Lisa-Maree Bruiners en Chante Graigners oor hoekom Jeugdag nog belangrik is.
15 Jun 2022 8 min

Laat die potte (en panne) prut

Televisieliefhebbers smul al vir jare na die heerlike disse en hul kleure op kosprogramme. Renaldo Schwarp gesels met gewilde TV-sjefs en Errieda du Toit, inhoudsvervaardiger van In die Sop en MasterChefSA, vertel meer oor hierdie vlagskip-kosprogramme!
8 Jun 2022 9 min

Die langste programme oppie kassie

Kwêla en Toks & Tjops is twee programme wat die langste op die kykNET is. Renaldo Schwarp gesels met aanbieders, Janina Oberholzer en Hannes van Wyk, oor wat dit vat om ’n program vir só lank op die lug te hou.
1 Jun 2022 10 min

Koffie en beskuit voor die Kassie

Daar is niks lekkerder as ’n koffie met beskuit in die oggend terwyl jy jou gunsteling ontbytprogram kyk nie. Renaldo Schwarp gesels hierdie week met aanbieders van ontbytprogramme, Jenna-Leigh Bilong, Jennifer Myburgh en Eloise Cupido!
24 May 2022 9 min

Dinge van ’n Kind

Ons bekyk die nuwe opwindende drama, Dinge van ’n Kind, en temas daarin van nader. Renaldo Schwarp gesels met die aktrise, Melissa Myburgh, wat die rol van jonger Mart vertolk. En ons vra die vraag: Is kykers gereed vir dié drama?
18 May 2022 9 min

Ma. Mamma. Mammie.

Ons vier die wonderlike moeders in ons lewens! Renaldo Schwarp hou ’n virtuele koek-en-tee met Susanne Beyers en gesels oor ma-wees, haar TV-karakters en sy verklap meer oor haar nuwe rol in Dinge van ’n Kind. Therese Bam en Schalk Bezuidenhout loer ook in.
10 May 2022 8 min

Silwerskermfees 2022

Fliekvlooie was vanjaar weer bederf met nuwe opwindende Afrikaanse rolprente by die jaarlikse Silwerskermfees. Renaldo Schwarp gesels met Donna-lee Roberts en Ivan Botha oor Beurtkrag. Paul du Toit en Etienne Fourie vertel ook meer oor Stiekyt.
3 May 2022 10 min

Waar is jy my Dina?

Die tweede seisoen van die speurdrama, Projek Dina, laat kykers behoorlik gons. Renaldo Schwarp gesels met die akteur, Tim Theron, oor die reeks en hoe groot die euwel van mensehandel in Suid-Afrika is.
26 Apr 2022 9 min

Glansryk en geheime

Die immergewilde Bravo! is vanjaar ’n dekade op die kassie! Renaldo Schwarp gesels met aanbieders, Tracey Lange en Reynardt Slabbert, oor gaste, episodes en al die dinge wat ons dalk nie op die skerm sien nie! Ja, daar word ook ’n paar ‘geheime’ verklap.
19 Apr 2022 9 min

’n Liefdesreis voor die kamera

Ons is in Mbombela en gesels met die akteur Francois Jacobs oor sy soeke na liefde wat tans op die realiteitsprogram, Op my Eish!, uitspeel. Renaldo Schwarp vind meer uit oor dié persoonlike reis en al die minutes tussendeur wanneer die kameras nie rol nie.
11 Apr 2022 4 min

‘Glitter… het ons nodig!’

Só sê die aktrise, Ilse Roos, op vanjaar se Silwerskermfees blou tapyt! Renaldo Schwarp was in Kampsbaai met flieksterre soos Ivan Botha, Jarrid Geduld, Nicole Fortuin en Cintaine Schutte, om te gesels oor al die rolprente waarin hul vanjaar speel.
5 Apr 2022 8 min

Hoe om die bielie te kielie

Komedie op die kassie is nie ’n maklike taak nie – hoekom is dit soms ’n ‘hit or miss’? Renaldo Schwarp gesels met Bennie Fourie en Lizz Meiring hieroor. Hulle verklap ook meer oor wat agter die skerms gebeur en wat hulle gunsteling TV-komedies is.
29 Mar 2022 9 min

Nuus in Afrikaans

Die gedugte ENuus-span lewer elke dag regstreekse nuus in Afrikaans op die kykNET-kanale. #KassieKuiers se Renaldo Schwarp gesels met aanbieders, Daniella van Heerden, Percivale Young en Barron Hufkie, oor hoekom TV-nuus steeds só relevant en belangrik is in 2022. En die Huisgenoot noem Barron... sexy!
22 Mar 2022 9 min

Seks – kan ons daaroor praat?

Die kollig val op die welbesproke reeks, Sex in Afrikaans, wat onlangs op Showmax begin wys het. Renaldo Schwarp vind meer uit by Rian van Heerden, vervaardiger van die reeks, en Marguerite Albrecht, toesigvervaardiger. Hulle gesels oor hoekom hierdie reeks soveel meer bied as wat jy dink en nie poog…
15 Mar 2022 9 min

Die Jakarandas bot!

Die gewilde kykNET-sepie, Binnelanders, vier hul 4000ste episode! ’n Ongelooflike prestasie in die plaaslike vermaakbedryf! Renaldo Schwarp, gesels met die akteurs Hykie Berg en Cindy Swanepoel oor hierdie mylpaal. En ’n bekende gesig sing die temalied maar hoekom… Mila Guy is vanaf April 2022 deel van Binnelanders!
8 Mar 2022 9 min

Als het ’n begin en ’n einde

Ná die aankondiging oor die einde van Getroud Met Rugby, gesels #KassieKuiers se Renaldo Schwarp met Waldimar Pelser, direkteur van kykNET-kanale, oor die faktore wat ’n rol speel met só ’n besluit. Getroud Met Rugby-akteurs, Natasja Jacobs en Adrian Steyn, vertel hoe hulle voel oor die einde van hierdie hoofstuk.
1 Mar 2022 8 min
12 – 32