DStv Kyknet: Kassie-Kuiers met Renaldo Schwarp

Kyknet: Kassie-Kuiers met Renaldo Schwarp

Is kykNET en alles wat dit bring een van jou lewensare? Is jy nuuskierig oor die binnewerkinge, nuwe karakters of boeiende storielyne? Dan is kykNET se nuwe aanlynprogram net vir jou.

Met Kassie-Kuiers gaan jy nie net die nuutste witwarm nuus van programme soos Binnelanders, Suidooster en Boer Soek ‘n Vrou hoor nie, Renaldo Schwarp skuur ook weekliks skouers met al jou gunstelling kykNET TV-sterre.

Die program is uiters interaktief en hou die vinger op die pols deur te kyk wat mense aan die praat het. Kassie-Kuiers gaan ook eerste wees om nuwe karakters en storielyne aan kykers te bring.
Weekly Afrikaans South Africa Entertainment News · TV & Film
44 Episodes
1 – 20

Televisie Vervaardiging

Waar trek jy die lyn tussen gesonde debat en sensasie in televisie programme wat hedendaagse kwessies in die kollig plaas? Renaldo Schwarp gesels met inhoudsvervaardiger Kaylee Kruser en leefstylredakteur by Channel 24, Herman Eloff.
23 Nov 2022 8 min

Ouerskap in die kollig

Ouerskap is nie ’n maklike taak nie. Renaldo Schwarp gesels met Arendsvlei-akteurs Jody Abrahams en Carmen Maarman oor hul karakters en onderskeie storielyne tans rondom dié belangrike vraagstuk.
4 Nov 2022 8 min

Leefstyl in Lente

Ons kuier in Franschoek by ’n beeldskone huis! Renaldo Schwarp gesels met Hennie en Nicole Hellinger oor die nuwe seisoen van Wanderlus en Leon Kluge deel meer oor Die Groenste Vingers se tweede seisoen!
5 Oct 2022 9 min

Meer as ’n Fraksie van drama

In kykNET se nuwe drama, Fraksie, is karakters só kompleks! Renaldo Schwarp kuier op stel en vind uit by akteurs Marlo Minnaar, Roeline Daneel, Brendon Daniels, Duane Williams asook by regisseur Nina Swart oor karakters, stories, en verfilming!
28 Sep 2022 10 min

Lente is vir Liefde

Die liefde blom behoorlik voor-en-agter die skerms! Renaldo Schwarp gesels met akteurspaartjies, Cintaine Schutte en Carel Nel asook Cindy Swanepoel en Craig Urbani oor liefde en verhoudings in die publieke oog.
6 Sep 2022 10 min

Diepe Waters cast Justin Strydom, Lea Vivier, Reandi Grey

Ná die bekendmaking van die rolverdeling van kykNET se nuwe telenovela, Diepe Waters, wat 3 Oktober 18:00 op kykNET begin, maak Renaldo Schwarp ‘n draai op stel vir ‘n eerste en eksklusiewe kykie. Hy gesels ook met van die akteurs wat in Diepe Waters te sien is, soos Justin Strydom,…
30 Aug 2022 9 min

Die fenomeen van oorklankings

Ons bekyk die kuns agter oorklankings van nader. Renaldo Schwarp maak ’n draai op die stel van kykNET&kie se gewilde oorgeklankte Turkse Telenovellas en gesels met die stemakteurs hierin, Gustav Gerdener en Stephanie Baartman.
30 Aug 2022 7 min

Vroue op die Kassie Deel 3

Ons vier steeds talentvolle vroue op die kassie. Renaldo Schwarp gesels met Odelle de Wet van Binnelanders, en Stephanie Baartman van Getroud met Rugby en die oorgeklankte Turkse Telenovellas.
16 Aug 2022 10 min

Vroue op die Kassie Deel 2

Ons vier steeds vrouemaand hierdie week saam met die talentvolle vroue van Arendsvlei! Renaldo Schwarp gesels saam met aktrises, Crystal-Donna Roberts en Devonecia Schwartz, oor die uitbeelding en krag van ander vroue se stories.
11 Aug 2022 10 min

Vroue op die Kassie

Ons skop vrouemaand met aanbieders, Mia Spies en Kabous Meiring, af. Renaldo Schwarp gesels met hul oor die nuus, die TV-landskap vir vroue en hoekom dié medium so belangrik vir Afrikaanse kykers is.
4 Aug 2022 8 min

Die perfekte tien!

Vandeesweek in #KassieKuiers vier ons Suidooster se 10 SAFTA-benoemings met een van die sepie wereld se 'most talked about' TV-paartjies, AB en Mymoena Samsodien
29 Jul 2022 10 min

Trend Alert: Lisa met die Rooihare

Sy is g’n oornag internetsensasie nie, dit het ’n “paar jaar” gevat. Nou is sy die aanbieder van die nuwe kykNET NOU! program, TREND. Renaldo Schwarp gesels lekker met Lisa met die Rooihare oor sosiale media, boere en meer! Ons bekyk ook vanjaar se SAFTA-benoemings van nader.
20 Jul 2022 7 min

Spoorloos en sy legkaarte

Bobby van Jaarsveld vertolk een van sy grootste rolle nóg in Spoorloos: Die Eiland! Renaldo Schwarp gesels met hom en skrywer-regisseur Christo Davids oor die nuutste seisoen se spanning en intriges wat op kykers wag.
12 Jul 2022 9 min

Real. Real. Real.

Francois het sy keuse gemaak! In ’n EKSKLUSIEWE episode met Renaldo Schwarp, kyk Francois Jacobs en Schalk Bezuidenhout terug na die tweede seisoen. Hoe gaan dit als eindig?
6 Jul 2022 9 min

Stories met ‘spice’

Renaldo Schwarp het spesiaal op stel gaan kuier by aanbieders Pietman Geldenhuys en Lyntjie soos hul gereed maak vir nog ’n splinternuwe seisoen van OppieStoep! Dis ’n voorsmakie met dié gesoute storievertellers en grapmakers!
28 Jun 2022 10 min

Pa. Pappa. Daddy.

Ons vier Vadersdag met die Binnelanders-span. Renaldo Schwarp gesels met Bradley Olivier en Cobus Rossouw oor die druk van pa-wees en watter lesse hulle vir hul kinders wil agterlaat. Mila Guy, Germandt Geldenhuys en Antoinette Modise deel ook hul Vadersdag-wense.
23 Jun 2022 9 min

Jeugdag!

Jong akteurs op die kassie gesels oor hul rol en verantwoordelikheid in die samelewing. Renaldo Schwarp hoor by Marco Spaumer, Mienke Ehlers, Lisa-Maree Bruiners en Chante Graigners oor hoekom Jeugdag nog belangrik is.
15 Jun 2022 8 min

Laat die potte (en panne) prut

Televisieliefhebbers smul al vir jare na die heerlike disse en hul kleure op kosprogramme. Renaldo Schwarp gesels met gewilde TV-sjefs en Errieda du Toit, inhoudsvervaardiger van In die Sop en MasterChefSA, vertel meer oor hierdie vlagskip-kosprogramme!
8 Jun 2022 9 min

Die langste programme oppie kassie

Kwêla en Toks & Tjops is twee programme wat die langste op die kykNET is. Renaldo Schwarp gesels met aanbieders, Janina Oberholzer en Hannes van Wyk, oor wat dit vat om ’n program vir só lank op die lug te hou.
1 Jun 2022 10 min

Koffie en beskuit voor die Kassie

Daar is niks lekkerder as ’n koffie met beskuit in die oggend terwyl jy jou gunsteling ontbytprogram kyk nie. Renaldo Schwarp gesels hierdie week met aanbieders van ontbytprogramme, Jenna-Leigh Bilong, Jennifer Myburgh en Eloise Cupido!
24 May 2022 9 min
1 – 20