DStv Kyknet: Kassie-Kuiers met Renaldo Schwarp

Kyknet: Kassie-Kuiers met Renaldo Schwarp

Is kykNET en alles wat dit bring een van jou lewensare? Is jy nuuskierig oor die binnewerkinge, nuwe karakters of boeiende storielyne? Dan is kykNET se nuwe aanlynprogram net vir jou.

Met Kassie-Kuiers gaan jy nie net die nuutste witwarm nuus van programme soos Binnelanders, Suidooster en Boer Soek ‘n Vrou hoor nie, Renaldo Schwarp skuur ook weekliks skouers met al jou gunstelling kykNET TV-sterre.

Die program is uiters interaktief en hou die vinger op die pols deur te kyk wat mense aan die praat het. Kassie-Kuiers gaan ook eerste wees om nuwe karakters en storielyne aan kykers te bring.
Weekly Afrikaans South Africa Entertainment News · TV & Film
44 Episodes
20 – 40

Dinge van ’n Kind

Ons bekyk die nuwe opwindende drama, Dinge van ’n Kind, en temas daarin van nader. Renaldo Schwarp gesels met die aktrise, Melissa Myburgh, wat die rol van jonger Mart vertolk. En ons vra die vraag: Is kykers gereed vir dié drama?
18 May 2022 9 min

Ma. Mamma. Mammie.

Ons vier die wonderlike moeders in ons lewens! Renaldo Schwarp hou ’n virtuele koek-en-tee met Susanne Beyers en gesels oor ma-wees, haar TV-karakters en sy verklap meer oor haar nuwe rol in Dinge van ’n Kind. Therese Bam en Schalk Bezuidenhout loer ook in.
10 May 2022 8 min

Silwerskermfees 2022

Fliekvlooie was vanjaar weer bederf met nuwe opwindende Afrikaanse rolprente by die jaarlikse Silwerskermfees. Renaldo Schwarp gesels met Donna-lee Roberts en Ivan Botha oor Beurtkrag. Paul du Toit en Etienne Fourie vertel ook meer oor Stiekyt.
3 May 2022 10 min

Waar is jy my Dina?

Die tweede seisoen van die speurdrama, Projek Dina, laat kykers behoorlik gons. Renaldo Schwarp gesels met die akteur, Tim Theron, oor die reeks en hoe groot die euwel van mensehandel in Suid-Afrika is.
26 Apr 2022 9 min

Glansryk en geheime

Die immergewilde Bravo! is vanjaar ’n dekade op die kassie! Renaldo Schwarp gesels met aanbieders, Tracey Lange en Reynardt Slabbert, oor gaste, episodes en al die dinge wat ons dalk nie op die skerm sien nie! Ja, daar word ook ’n paar ‘geheime’ verklap.
19 Apr 2022 9 min

’n Liefdesreis voor die kamera

Ons is in Mbombela en gesels met die akteur Francois Jacobs oor sy soeke na liefde wat tans op die realiteitsprogram, Op my Eish!, uitspeel. Renaldo Schwarp vind meer uit oor dié persoonlike reis en al die minutes tussendeur wanneer die kameras nie rol nie.
11 Apr 2022 4 min

‘Glitter… het ons nodig!’

Só sê die aktrise, Ilse Roos, op vanjaar se Silwerskermfees blou tapyt! Renaldo Schwarp was in Kampsbaai met flieksterre soos Ivan Botha, Jarrid Geduld, Nicole Fortuin en Cintaine Schutte, om te gesels oor al die rolprente waarin hul vanjaar speel.
5 Apr 2022 8 min

Hoe om die bielie te kielie

Komedie op die kassie is nie ’n maklike taak nie – hoekom is dit soms ’n ‘hit or miss’? Renaldo Schwarp gesels met Bennie Fourie en Lizz Meiring hieroor. Hulle verklap ook meer oor wat agter die skerms gebeur en wat hulle gunsteling TV-komedies is.
29 Mar 2022 9 min

Nuus in Afrikaans

Die gedugte ENuus-span lewer elke dag regstreekse nuus in Afrikaans op die kykNET-kanale. #KassieKuiers se Renaldo Schwarp gesels met aanbieders, Daniella van Heerden, Percivale Young en Barron Hufkie, oor hoekom TV-nuus steeds só relevant en belangrik is in 2022. En die Huisgenoot noem Barron... sexy!
22 Mar 2022 9 min

Seks – kan ons daaroor praat?

Die kollig val op die welbesproke reeks, Sex in Afrikaans, wat onlangs op Showmax begin wys het. Renaldo Schwarp vind meer uit by Rian van Heerden, vervaardiger van die reeks, en Marguerite Albrecht, toesigvervaardiger. Hulle gesels oor hoekom hierdie reeks soveel meer bied as wat jy dink en nie poog…
15 Mar 2022 9 min

Die Jakarandas bot!

Die gewilde kykNET-sepie, Binnelanders, vier hul 4000ste episode! ’n Ongelooflike prestasie in die plaaslike vermaakbedryf! Renaldo Schwarp, gesels met die akteurs Hykie Berg en Cindy Swanepoel oor hierdie mylpaal. En ’n bekende gesig sing die temalied maar hoekom… Mila Guy is vanaf April 2022 deel van Binnelanders!
8 Mar 2022 9 min

Als het ’n begin en ’n einde

Ná die aankondiging oor die einde van Getroud Met Rugby, gesels #KassieKuiers se Renaldo Schwarp met Waldimar Pelser, direkteur van kykNET-kanale, oor die faktore wat ’n rol speel met só ’n besluit. Getroud Met Rugby-akteurs, Natasja Jacobs en Adrian Steyn, vertel hoe hulle voel oor die einde van hierdie hoofstuk.
1 Mar 2022 8 min

Nuwe gesigte. Meer drama

Die aanvoeling dat nuwe gesigte op die kassie groot moeilikheid gaan veroorsaak, laat mens nooit in die steek nie. In #KassieKuiers gesels Renaldo Schwarp met Hannah Borthwick, wat die rol van Samantha in Suidooster vertolk, en Boudine Ballem, wat die rol van Ruby in Arendsvlei vertolk. Watter geraamtes is in…
22 Feb 2022 8 min

Die Liefde

Dis die maand van liefde en dís waaroor ons gesels met plaaslike sterre in hierdie episode van #KassieKuiers. Renaldo Schwarp gesels met Denise Newman van Suidooster-faam asook die akteurspaar, Werner en Marijke Coetser, wat meer verklap oor verliefdheid, verhoudings en vennote!
15 Feb 2022 10 min

Kunstenaars met vele talente

Jy sien hulle op die kassie. Jy luister na hulle musiek... TV sterre skitter soms ook met musiekloopbane. #KassieKuiers se Renaldo Schwarp gesels met Suidooster se Jawaahier Pietersen en Koortjies-aanbieder, Jonathan Rubain, oor hul musiek, eerste albums en hoe balanseer hulle beide TV- en musiekloopbane. Boonop deel hulle ook hul…
9 Feb 2022 9 min

Die kuns van Drag

“Dis outfits. Dis make-up. Dis stockings…” Die kuns van drag word hierdie week onder die vergrootglas geplaas wanneer die akteur en drag-kunstenaar, Phillip Schnetler, en Wat Dit Vat sanger, Edó Mostert, gesels met Renaldo Schwarp oor hierdie kleurvolle persoonlikhede, voorbereidings en die geskiedenis daaromtrent.
1 Feb 2022 9 min

Almal is eintlik speurders!

Die afwagting is uiteindelik verby! Die gewilde speurdrama, Die Byl, het sy welkome terugkeer op kykNET gemaak. Ander tydgleuf, maar nogsteeds vol raaisels en vele donkerte! Renaldo Schwarp gesels met die akteurs, Waldemar Schultz en Lika Berning, oor die vierde seisoen en waarna kykers kan uitsien.
24 Jan 2022 9 min

Hotel kielie die bielie nog ’n laaste maal

Die vyfde en finale seisoen van die gewilde komedie, Hotel, het pas afgeskop met tonne kinkels en kwinkslae wat kykers behoorlik laat skaterlag. Renaldo Schwarp kyk terug in hierdie episode met die aktrises, Simoné Pretorius en Mila Guy, oor die afgelope seisoene. En toets ook hul kennis met die speletjie,…
18 Jan 2022 9 min

Die soeke na liefde duur voort

In hierdie week se episode van Kassie-Kuiers maak ons gereed vir die langverwagte nuwe seisoen van die immergewilde Boer Soek 'n Vrou. Aanbieder Marciel Hopkins kuier saam en verklap bietjie meer oor al die liefdesdrama wat vir ons oor die volgende paar weke in wag.
10 Jan 2022 7 min

Manna uit die ‘Sepie’ Hemel! Deel 2

Ons sluit vanjaar af deur steeds terug te kyk op die grootste storielyne van die jaar. In vyfde episode val die kollig op Binnelanders en Suidooster wanneer Renaldo Schwarp met Germandt Geldenhuys en Dean-John Smith gesels oor hul karakters se skok-oomblikke en ‘n liefdesdriehoek wat almal aan die gons gehad…
20 Dec 2021 9 min
20 – 40