
Hotel kielie die bielie nog ’n laaste maal
--:--
Die vyfde en finale seisoen van die gewilde komedie, Hotel, het pas afgeskop met tonne kinkels en kwinkslae wat kykers behoorlik laat skaterlag. Renaldo Schwarp kyk terug in hierdie episode met die aktrises, Simoné Pretorius en Mila Guy, oor die afgelope seisoene. En toets ook hul kennis met die speletjie, Dis my lyn.