DStv Kyknet: Kassie-Kuiers met Renaldo Schwarp

Kyknet: Kassie-Kuiers met Renaldo Schwarp

Is kykNET en alles wat dit bring een van jou lewensare? Is jy nuuskierig oor die binnewerkinge, nuwe karakters of boeiende storielyne? Dan is kykNET se nuwe aanlynprogram net vir jou.

Met Kassie-Kuiers gaan jy nie net die nuutste witwarm nuus van programme soos Binnelanders, Suidooster en Boer Soek ‘n Vrou hoor nie, Renaldo Schwarp skuur ook weekliks skouers met al jou gunstelling kykNET TV-sterre.

Die program is uiters interaktief en hou die vinger op die pols deur te kyk wat mense aan die praat het. Kassie-Kuiers gaan ook eerste wees om nuwe karakters en storielyne aan kykers te bring.
Weekly Afrikaans South Africa Entertainment News · TV & Film
44 Episodes
40 – 44

Manna uit die ‘Sepie’ Hemel!

Liefdesdriehoeke, moord, onverwagse swangerskappe en beeldskone troues... In die vierde episode van Kassie-Kuiers gesels Renaldo Schwarp met Craig Adriaanse van Arendsvlei en Melissa Massyn van Getroud van Rugby oor die grootste strorielyne vanjaar wat kykers behoorlik op die rand van hul stoel gehou het.
13 Dec 2021 7 min

Familie-tyd, die goed en die sleg daarvan

Alles Malan is tydig terug op die kassie hierdie Desember-vakansie vir die tweede seisoen van dié immergewilde kykNET familiedrama. Renaldo Schwarp gesels in die derde episode van Kassie-Kuiers met akteurs, Nadia Valvekens en Greteli Fincham, oor familie, ma- en vrouwees. Renaldo deel ook watter reekse op jou vakansie ‘binge’lys moet…
7 Dec 2021 9 min

KykNET se mees gehate TV-feekse: Margit, Marion en Rehane

Wanneer dit by die skep van gehate TV-feekse karakters kom, slaan kykNET sepies keer-op-keer die spyker op die kop. Hierdie karakters se doen-en-late alles insluit van diefstal tot dwelms smokkel, moord en selfs organe op die swartmark verkoop. En terwyl ons hierdie booswigte met elke spier in ons liggame haat,…
22 Nov 2021 9 min
40 – 44