
KykNET se mees gehate TV-feekse: Margit, Marion en Rehane
--:--
Wanneer dit by die skep van gehate TV-feekse karakters kom, slaan kykNET sepies keer-op-keer die spyker op die kop. Hierdie karakters se doen-en-late alles insluit van diefstal tot dwelms smokkel, moord en selfs organe op die swartmark verkoop. En terwyl ons hierdie booswigte met elke spier in ons liggame haat, staan hulle sentraal in ons kykgenot en is die dryfkrag wat programme soos Binnelanders, Arendsvlei en Suidooster so gewild maak. In die lootsepisode van kykNET se Kassie-Kuiers gesels Renaldo Schwarp met Margit Meyer-Rödenbeck, Marion Holm en Rehane Abrahams oor hul booswig-rolle en die proses van ‘n suksesville TV-feeks skep.