Maroela Media Operasie Umbra

Operasie Umbra

In ‘Operasie Umbra’ het direkteur Frans Ludik sy hande vol om vas te stel wat regtig destyds met die aftakeling van Suid-Afrika se kernwapenprogram gebeur het. Hy besef gou heelwat geheime uit die verlede is na die hede oorgedra. Dis of die kernsage van vroeër hom opnuut in Gansvlei afspeel. Geraamtes tuimel uit kaste. Umbra is nie verniet die donkerste deel van ʼn skaduwee nie.

‘Operasie Umbra’ is ʼn spanningsvolle radiodrama uit die pen van Joe Kleinhans. Die verhaal van 120 episodes word deur Bettie Kemp, in samewerking met Maroela Media, vervaardig.
Afrikaans South Africa Drama
120 Episodes
1 – 20

Operasie Umbra – Episode 1

Die polisiekaptein Victor Gerwel se selfdood op Gansvlei noodsaak die Staatsveiligheidsagentskap om ʼn klein taakspan soontoe te stuur vir ʼn ter plaatse ondersoek. Direkteur Frans Ludik besluit op agent Roux Koekemoer: “Koekemoer, as jy my drop stuur ek jou hoofkantoor toe”. Roux se eerste werksdag ontaard in ʼn nagmerrie.
Season 1 / Episode 1 7 min

Operasie Umbra – Episode 2

Ten einde uit sy penarie te kom dink agent Roux Koekemoer op sy voete. Die ontslape Victor Gerwel se weduwee, Francis, skep nie die indruk van ʼn vrou in rou nie. Dis of haar kop met buitengewone sake bedrywig is: “Ek lees sommer op oor Suid-Afrika se kernwapens uit die…
Season 1 / Episode 2 7 min

Operasie Umbra – Episode 3

Gansvlei se uitgeslape sakevrou speel so af en toe vuil om haar doelwitte te bereik. Sy het haar mes in vir Malan van Wyk, voorsitter van Gansvlei Koöperasie. Wie konfronteer sy met die woorde: “Jy weet van die vakature op die direksie. Maar weet jy van die speletjies wat Malan…
Season 1 / Episode 3 7 min

Operasie Umbra – Episode 4

Malan van Wyk is ook die voorsitter van die Van Blerck Trust waaruit Gansvlei Ouetehuis gefinansier word. Hy besoek die ouetehuis, ontmoet die nuwe matrone en druk sy stempel deeglik op die verloop van sake af. Nie dat hy oral gewild is nie: “My pa en my oupa draai in…
Season 1 / Episode 4 7 min

Operasie Umbra – Episode 5

Francis Gerwel is skynbaar heel onskuldig op soek na die kernbomkundige professor Herman Saunders: “Ek wil net kuier.” Stewig op ʼn missie besoek sy die Gansvlei ouetehuis: “Ek besit die enigste ordentlike supermark op die dorp. Vars groente is ons spesialiteit.” Wat probeer sy regkry? Matrone Gerda Bruinders kry ʼn…
Season 1 / Episode 5 7 min

Operasie Umbra – Episode 6

Professor Herman Saunders bly diep onder bespreking: “Ek kan maar vir jou sê die professor het sy spogwoning in Pretoria verkoop. Ons weet nie waar hy deesdae tuisgaan nie. Dis of hy swerf.” Die naam van die Irannees Parviz Janati duik op. En dan word ʼn selfoon gesteel.
Season 1 / Episode 6 8 min

Operasie Umbra – Episode 7

Professor Herman Saunders is steeds die middelpunt van belangstelling: “Professor Saunders saam met ʼn vrou. Nie sommer enige vrou nie.” Saam met wie kuier professor Saunders dat dit soveel opslae maak?
Season 1 / Episode 7 7 min

Operasie Umbra – Episode 8

Brand van Blerck word by die ouetehuis met ʼn besoek verras wat hom warm onder die kraag het. “Nes Robert Rothman, altyd reg met ʼn antwoord. Vat nooit verantwoordelikheid nie.” Met wie baklei Brand so en hoekom?
Season 1 / Episode 8 6 min

Operasie Umbra – Episode 9

Die handskoene kom af tussen Malan van Wyk en Francis Gerwel: “Onthou, jy het die wapens gekies. Jy het die oorlog begin. Moenie agterna huil nie.” Iemand word met ʼn vrugteruiker verras. Die ambulans jaag met Malan van Wyk na die hospitaal.
Season 1 / Episode 9 7 min

Operasie Umbra – Episode 10

Wie oornag in Karien Carstens se gastehuis op die plaas? En wie se motor staan netjies voor die gastehuis geparkeer? ʼn Kamera word gesteel en skelm teruggesit: “Dit was nie in jou motor toe ek netnou daarin geloer het op pad hiernatoe nie,” sê Karien met oortuiging.
Season 1 / Episode 10 7 min

Operasie Umbra – Episode 11

Malan van Wyk en Francis Gerwel sit hulle stryd voort. Dis ʼn dag van hoogdrama by die hospitaal: “Ek kom kuier vir ʼn vriend in die hospitaal en iemand steek wragtag my motor se twee agterbande flenters.” Wie snel vir wie te hulp?
Season 1 / Episode 11 7 min

Operasie Umbra – Episode 12

Professor Saunders kan nou maar eenmaal nie uit die nuus bly nie: “Hy vra my om die gastehuis te gebruik. Ek dog dis vir homself, maar toe oornag ʼn vrou saam met hom daar… en hy smokkel haar by die onderste plaashek in.” Wie is die vrou? En wat vergeet…
Season 1 / Episode 12 8 min

Operasie Umbra – Episode 13

Direkteur Frans Ludik besluit dis tyd om agent Roux Koekemoer persoonlik op te kommandeer vir ʼn dag se werk wat nie langer kan wag nie. Hulle worstel met ʼn vraagstuk uit die kernbomdae. ʼn Brunet trek aandag: “Dis nie hoe dames op Gansvlei aantrek nie.” Wie is sy?
Season 1 / Episode 13 7 min

Operasie Umbra – Episode 14

Victor Gerwel se selfdood is weer diep onder bespreking: “Hoekom steel jy kameras as jy selfdood pleeg?” Iemand kom met interessante inligting oor Victor Gerwel se selfdood na vore wat die vraag laat ontstaan: Was dit regtig selfdood?
Season 1 / Episode 14 7 min

Operasie Umbra – Episode 15

Brand van Blerck word na Gansvlei se dorpsplein gelok. Sy besoek word deur ʼn kaart gekenmerk wat Karien laat opmerk: “Nee Oom, iemand het presies geweet wat hy doen. Ek weet net nie wat die boodskap beteken nie.” Sy besoek aan die dorp eindig met dramatiese gevolge.
Season 1 / Episode 15 8 min

Operasie Umbra – Episode 16

Die getekende kaart maak opslae. Na wie soek almal straat op en straat af: “Hoe deeglik het julle na die huurmotorbestuurder gesoek?” word gevra. En wat lewer die intense soektog op? Kyk wie hang uit met sy vermommings!
Season 1 / Episode 16 7 min

Operasie Umbra – Episode 17

Die getekende kaart is steeds die middelpunt van bespreking en dit blyk meer as ʼn dorpskaart te wees want iemand sê: “Die rooi streep is die pad na verrykte uraan en die groen streep na verarmde uraan.” Agent Roux Koekemoer het ʼn plan wat gevolge gaan hê. Francis Gerwel is…
Season 1 / Episode 17 7 min

Operasie Umbra – Episode 18

Malan van Wyk is omgekrap maar ook opgewonde: “Hulle oorweeg ʼn fabriekaanleg in Suid-Afrika en dit mag in Gansvlei gebeur.” Wie oorweeg sulke groot planne en waarom juis op die stil dorpie? Die lys van posbuseienaars op die dorpsplein lewer ʼn interessante naam en inhoud op.
Season 1 / Episode 18 7 min

Operasie Umbra – Episode 19

Iemand skinder gesellig oor agent Roux Koekemoer: “Het jy geweet die man wat jou lande gespuit het, het tot onlangs nog vir Intelligensie gewerk?” Karien Carstens se hond, Bruno, gaan tekere oor ʼn besoeker… met goeie rede. Wat is die jongste nuus oor die geslote korrelkop Brand van Blerck?
Season 1 / Episode 19 8 min

Operasie Umbra – Episode 20

Karien Carstens betrap iemand op haar plaas wat ewe astrant antwoord: “Sjoe, maar jy is omtrent giftig. Die hek is nie gesluit nie. Ek het dit oopgemaak en deurgery.” Dit blyk dat Robert Rothman beslis nie ʼn gewilde minister was nie: “Rothman het ons misbruik wanneer dit hom gepas het.”…
Season 1 / Episode 20 7 min
1 – 20