Hoor hier

“Hoor hier” is Maroela Media se splinternuwe oudioreeks met 52 voorlesings van Lizz Meiring se gunstelingrubrieke. Die reeks word moontlik gemaak deur die finansiële steun van Afrikaans.com en word tegnies versorg en versprei deur Maroela Media.
Weekly Afrikaans South Africa Personal Journals
47 Episodes
1 – 20

‘Was jy daar?’

"My Vrystaatse ouma het 'n wonderlike manier gehad om 'n skinderstorie in die kiem te smoor. Nes die nuusaandraer kwylmond en met blinkogies 'n sappige brokkie sensasie op haar voorstoep kom aflaai, het my waardige ouma dit met een kort sinnetjie platgetrap."
23 Mar 4 min

‘Sprokiestroue’

"Ek het onwetend midde in 'n ‘pitty party’ beland. Dié spulletjie verdien hulle duidelike bitterbrood uit die huweliksbedryf." Luister saam na Lizz Meiring se rubriek oor trouverskaffers en hulle ervarings met bruide wat met niks minder as 'n sprokiestroue tevrede is nie.
16 Mar 5 min

‘Spoeg en geloof’

"ʼn Uitgewaste oranje paneelwa hou reg voor my in die straat stil. Dis een van daai voertuie wat op spoeg en geloof op die pad bly. Die man wat uitklim, het ook beter dae gesien."
8 Mar 4 min

‘Toentertyd’

"Perfekte prentjies van die vyftigerjare. Die ligte word opgestel. Die musiek speel. Die kameras rol. Ons skiet die eerste skoot van ‘Pretville’."
2 Mar 5 min

‘Nadraai’

"In ’n onlangse onderhoud het ek oor vroue op jag gepraat en gewonder en gebloos oor my eie geslag wat soms net te kragdadig optree in die behoefte om 'n man aan te keer."
23 Feb 4 min

‘Die liefde is blind’

“Ek dink aan die oordaad hartjies, Valentyns-snuisterye en die liefdesverhale, en ek wonder of dié drommel ooit die tekens gaan raaksien.”
16 Feb 4 min

‘Kupido is keelvol’

"Ek weier om soos 'n verwarde marmot op die Valentyns-wielietjie te klim. Wat is daar dan afterall nog nie gesê oor die liefde nie?"
9 Feb 5 min

‘Mans genoeg’

“Hulle kry so vlakhaaskyk in die oë, die arme mans. Die hele Valentyns-ding is vir dié spesie ʼn groter trauma as ʼn Springbok-nederlaag.”
3 Feb 5 min

‘Hoeveel hope is hoopvol’

Luister hier na Lizz Meiring se rubriek oor ʼn egpaar wat hulle oor ʼn arm buurt se kinders ontferm en vir hulle sorg.
25 Jan 4 min

‘Met smaak’

Ek bly verstom oor hoe smaak verskil. Die een se kitsch is wraggies die ander se kroonjuwele.”
18 Jan 6 min

‘Daaglikse katastrofes’

“ʼn Magnetiese veld buite Woolies en Pick n Pay sorg dat ek, en net ek, altyd die trollie met die ‘gestremde’ wiele kies.”
11 Jan 5 min

‘Nuwejaarsvoornemens’

Het Einstein, Michelangelo, Jan van Riebeeck, Shakespeare en Walt Disney ook elke jaar ʼn rits Nuwejaarsvoornemens gehad? Luister hier saam na Lizz Meiring se rubriek.
28 Dec 2022 4 min

‘Krismiskat’

Luister saam na Lizz Meiring se rubriek oor ʼn wildvreemde kat wat hom in haar huis kom tuismaak het.
14 Dec 2022 4 min

‘Familiesage’

“Ek raak sommer jaloers as vriende en kollegas my vertel van hulle dramatiese familiekonflik.”
7 Dec 2022 5 min

‘Wie sit waar’

“Daar is een kopseer waarmee al die organiseerders van gesellighede sit: tafelplasings.”
30 Nov 2022 5 min

‘In ʼn kindernes’

“Ek sal my koffie op ʼn asblik sit en drink solank ek net aan hierdie kleuterklaaglied kan ontsnap.”
23 Nov 2022 5 min

‘Toiingrige towenaars’

“Jy en jou teatervriende is net toiingrige towenaars.” Luister hier na Lizz Meiring se roerende rubriek oor bejaarde beroemdes wat deur die Teaterbystandsfonds versorg word.
16 Nov 2022 5 min

‘Aanpassing’

“Hoe aanpasbaar is ons? Hoeveel veranderinge kan ons hanteer?”
9 Nov 2022 5 min
1 – 20