Maroela Media Wimpers op lakens

Wimpers op lakens

‘Wimpers op lakens’ , ʼn kortverhaalbundel wat deur Sophia Kapp geskryf is, gaan oor die bekende fotograaf Albert Bredenhann se stories en ervaringe van vroue se leefwêrelde. Kom luister saam na Albert se voorlesings van stories soos “Die kind”, “Tot die dood ons skei”, “Letsels” en “Die storie van ʼn stoel”.
Once-off Afrikaans South Africa Fashion & Beauty · Personal Journals Narrated by Albert Bredenhann
10 Episodes

‘Die inleiding’

Albert Bredenhann sê in ‘Die inleiding’ wat 'n fotograaf wat boudoirfotografie doen, werklik sien.
7 Mar 1 min

‘Die konsep’

‘Die konsep’ werp lig op boudoirfotografie en Albert Bredenhann verduidelik waarom hy kies om eerder na 'n ‘sexy makeover photoshoot’ te verwys.
7 Mar 9 min

‘Vrywaring’

Die name van karakters in ‘Wimpers op lakens’ is lukraak gekies.
7 Mar 2 min

‘Annabelle’

‘Annabelle’ is die storie van die spreekwoordelike perfekte vrou wat deur ander vroue beny word. Wat niemand egter besef nie, is dat Annabelle ook nie volmaak is nie.
7 Mar 8 min

‘Die kind’

‘Die kind’ gaan oor ʼn ma wat drome deur haar 14-jarige dogter najaag.
7 Mar 12 min

‘Die bevelvoerder het gepraat’

‘Die bevelvoerder het gepraat’ vertel die verhaal van 'n vrou se man wat ná die boudoirfotosessie daarop aandring dat Albert Bredenhann haar foto's vernietig.
7 Mar 10 min

‘Tot die dood ons skei’

In ‘Tot die dood ons skei’ vertel Albert Bredenhann van die fotosessie met 'n bruid wat hom verontrus het.
7 Mar 11 min

‘Letsels’

‘Letsels’ vertel die verhaal van ʼn 29-jarige vrou met letsels wat sy as gevolg van derdegraadse brandwonde opgedoen het.
7 Mar 9 min

‘Die storie van 'n stoel’

‘Die storie van 'n stoel’ gaan oor 'n vrou in ʼn rolstoel wat sukkel om die dood van haar kind te verwerk.
7 Mar 10 min

‘Die afspraak’

In ‘Die afspraak‘ deel Albert Bredenhann wenke wat vroue in gedagte moet hou wanneer hulle regmaak vir 'n boudoirfotosessie.
7 Mar 8 min