KLETS

KLETS is waar jy moet wees vir jou daaglikse dosis oor alles wat saak maak. Hier "beklets" ons van die grootste nuusgebeure en nuutste temas of tendense wat ons wêreld vorm. Ons "kletsers" is nie bang om 'n bietjie omstrede te wees nie, en "beklets" dinge vanuit 'n aweregse hoek waar jy soms sal dink, lag, dalk 'n traan pik maar verseker nie altyd sal saamstem nie. Kom klets saam op Afrikaans.Radio!
Daily Afrikaans Explicit South Africa Society & Culture · News Commentary Narrated by Colene Hind
113 Episodes
1 – 20

So braai mens!

Op die vooraand van Braaidag gesels die span saam met Braaiboy. Ons hoor waar hy al orals gebraai die afgelope 14 jaar. Braaiboy gee tips vir jou Braaidag en vertel wat is sy gunsteling bykosse en vleis om op die kole te gooi.
22 Sep 7AM 40 min

Pixie Pink gee vir kinders ‘n stem

In vandag se KLETS gesels Matthys met die Victims' Advocate Pixie Pink oor die stand van sake in Suid-Afrika rakende kindermishandeling, die slagoffers, die wet en kinder regte. Raak betrokke by die werk wat Pixie Pink en haar span doen om vir ons kinders ‘n stem en ‘n weg uit…
21 Sep 6AM 40 min

Ai die Karin's!

Dis amper Braaidag en die span gee raad oor waar jy wat kan koop wat nie die bank sal breek nie. 'n Karin van Engeland vermoed dat Yoga lyk soos massamoord. Jy kan ook nou “famîs” word as jy jou oorfone insluk soos die ander Karin in die VSA. Maak…
20 Sep 7AM 22 min

Varke en slegte belsuite

Johannesburg se burgermeester hardloop uit sy eie stad weg vir die vuur. Waar daar is rokie is daar ‘n vuurtjie behalwe as jy ‘n roker is. Varke maak meer geld as wat jy dink. Sal jy betaal vir X (Twitter) om Musk te help met sy slegte besluite?
19 Sep 10AM 34 min

Vuiste klap en Bokke verpletter!

Vuiste klap by Noah konsert in Pretoria. Suid-Afrika is vuil en moeder aarde beding badtyd. Paul Mashatile weereens ‘n top "scorer" en presteer even beter as die Bokke. Postbank is ‘n ster supplier in die SASSA waardeketting. Eiers word al hoe duurder en die bokke verpletter Roemenië.
18 Sep 4AM 29 min

Wyn vir die pyn!

Tim Atkin sê Suid-Afrikaanse wyn is die beste in wêreld geskiedenis. Die span proe saam met die wyn kenner, Lara Jordaan, aan elemente van Tim se verslag en hoor wat jy moet drink. Skink ‘n glasie en leer oor wyn.
13 Sep 12PM 47 min

Sies Busi, SIES!

Busisiwe Mkhwebane is uit haar stoel maar haar regskostes kon 159 miljoen mense help met R350.00. Elon launch sy nuwe kind op X. Cilliers Brink hou kop bo rommel in Tshwane.
12 Sep 7AM 22 min

Reverse Robin Hood!

Die land is arm maar Cyril kuier saam die regering by Spier. Die listerine mannetjies is nou sigbaar vir almal om na te kyk. Peet Viljoen is suur oor JP se geld.
11 Sep 7AM 29 min

Arno Greeff

Die span KLETS saam met die gewilde akteur Arno Greeff oor die movies, TV, wat dit verg om 'n akteur te wees in Suid-Afrika en oor water!
8 Sep 8AM 34 min

Die filosofie, die Perd en die Britte

Kom ons gaan kamp en bestudeer die filosofie van elektrisiteit. Die Britte dryf hul politici tot vuil taal. Lucky Mamelodi Luke het dalk die oplossing vir duurder petrol en diesel. Covid is dalk vergete maar die korrupsie rondom Covid is steeds ‘n pandemie!
6 Sep 3AM 26 min

Nada Nada!

Cyril speel weer wegkruipertjie in die donker met verslae en antwoorde. Die SAUK het Nada geld vir sepies en die Wêreldbeker rugby. Die voëls het griep!
5 Sep 9AM 24 min

Apartheid en die Brave Fart

Die regering blameer die naweek alles weer op apartheid. So is Colene se maag en haar "brave farts" dalk ook apartheid se skuld. Kos word al duurder en as jy in die Kaap bly is dit ook duurder as in die res van die land.
4 Sep 8AM 17 min

Dis heerlike lente en Cyril is bly!

Dis heerlike lente en Cyril is bly! Brandende geboue vir jou en vir my! Hol-la-dri-o-ha, hol-la-dri-o. Ons Jol rond oor die hele wêreld! Laat weet as jy ‘n Jol het in jou dorp of stad waar lekker mense bymekaar kom!
1 Sep 4AM 37 min

100 dae later!

KLETS is vandag 100 episodes oud en die span wag vir hul 10 karaat diamant of net ‘n bietjie wyn. Die maan was blou en die land is aan die brand. Ons beklets die nuwe Crocs mode en Oostenryk rol die merk van die dier uit! Op nog ‘n 100!…
31 Aug 4AM 29 min

Kul jou hier en kul jou daar!

Die span KLETS saam met Gerda Strydom, die hoofbestuurder van Groep Forensies by Medscheme. Ons vind uit oor die maatskaplike verantwoordelikheid en plig teenoor miljoene mediesefondsbegunstigdes om gesondheidsorgeise te bekragtig en te verifieer. Wie is die skuldiges wat soms geld "steel" by mediesefondse en hoe kan ek as a gebruiker…
30 Aug 8AM 32 min

Jy is nie so donners smart nie!

Hou op om jou “wage te act” jy is nie so donners smart soos wat jy dink jy is nie, OK! Nestle steel ons Nesquik en joy. Die wurms neem ons breine oor en jou derm bakterieë is baas!
29 Aug 3AM 28 min

Draai die Briek aan!

Briek vir briek kom ons nader aan die waarheid en kan ons die ding asseblief briek! Die bokke maak skoonskip en verf London groen. Die wêreldleier ouetehuis smag steeds na mag. Hoeveel EFF lede vat dit om ‘n gloeilamp te vervang? Putin betreur Prigozhin of doen hy werklik?
28 Aug 4AM 35 min

Bring die Koffie!

Dis Vrydag! Colene en Matthys gesels met Cilliers en Wessels van Echt Coffee oor koffie en alles wat daarin moet en nie moet gaan nie. Tanya Michelle vertel waar is die jol hier in Suid-Afrika.
25 Aug 6AM 38 min

Green Gold vir Generators

BRICS is vol aan die gang en meeste vermoed dit is 'n "halfgebakte" steen. Cyril het wel 'n nuwe van gekry naamlik "Ramafosa" en China stuur generators. Binnekort gaan Suid-Afrika Avo's uitvoer na China. Kgosientsho Ramokgopa het glo skaam gekry voor die Chinese en sê "hulle werk mos baie vinniger"…
24 Aug 3AM 29 min

Wat kyk jy?

Die span gesels saam met die TV kenner en joernalis Lucia Poolman oor wat om te kyk op TV en stroomdienste. Lucia vertel wat is haar top 5 TV programme wat jy MOET kyk. Ons verlang terug na Dawie die Kabouter en Ballade vir 'n Enkeling. Lucia deel tips en…
23 Aug 4AM 45 min
1 – 20