Inkommers

Die boek, Inkommers, deur Hans du Plessis, word voorgelees en opgeneem deur Maroela Media. Dit word deur die uitgewer as ʼn eietydse verhaal beskryf. ʼn Kroniek van die Afrikaners – die familie, nie die volk nie – wat al van die Groot Trek se dae af wydsbeen oor die vuil Vaal in die Vredefortkoepel boer.
Afrikaans Read by Su-an Müller-MaraisSouth Africa Drama · History Narrated by Su-an Müller-Marais
20 Episodes

Kom in: Inleiding

“Ek, Plakker Prinsloo, weet nie of ek nou al gereed is om vir die eerste keer saam met Bennie Afrikaner uit te ry Kom toe nie. Ek was nog nooit ʼn reisiger nie, dit is nou as jy nie my en Ma se ewige getrek voor Pa se misdaadrekord uit,…
Season 1 / Episode 0 11 min

Kom toe: Hoofstuk 1

“Ek wat Plakker Prinsloo is, besef skielik dat selfs die naam Koepel, die Wêrelderfenisgebied, vir die Kommers ʼn inkommerwoord is wat maar net nie mooi lêplek in hul kollektiewe leksikon kan kry nie.”
Season 1 / Episode 1 14 min

Kom toe: Hoofstuk 2

“Bennie vertel my hy het Martjie Louw in sy jong dae, lank voordat hy van my geweet het, op ʼn aand by een of ander kerkfunksie op die dorp ontmoet.”
Season 1 / Episode 2 8 min

Kom toe: Hoofstuk 3

“Teen dié tyd ken ek die storie van die Kom, Johnie se eiesinnigheid, en Martjie se deeglike navorsing ookal asof ekself daar was.”
Season 1 / Episode 3 5 min

Kom toe: Hoofstuk 4

“Almal ken vandag nog dié twee se liefdesverhaal, want oorlede Soekie de Wit, gebore Smith, het hulle storie graag met gevoel vertel asof dit ʼn verhaal vir een of ander boekklub se sappige liefdesverhale is.”
Season 1 / Episode 4 39 min

Kom toe: Hoofstuk 5

“Ek wat Plakker is, is nou nog nie seker waar Johnie aan Martjie Alsweet gekom het nie, want ek bly wonder of Bennie se relaas oor die twee die volle narratief is.”
Season 1 / Episode 5 36 min

Kom toe: Hoofstuk 6

“My Bennie Afrikaner sê: ‘Hartlam, om in die Kom te kan oorleef, moet jy die Afrikaners verstaan, en dit is nie so maklik nie.”
Season 1 / Episode 6 14 min

Kom weg: Hoofstuk 7

“Dit is eers toe ons mekaar beter leer ken dat ek verstaan het dit is van seer wat sy nie graag oor haarself wou praat nie; ʼn ander soort seer as myne, sou ek later agterkom.”
Season 1 / Episode 7 8 min

Kom weg: Hoofstuk 8

“Die lummel grom binnensmonds en hou die slimfoon in sy regterhand bokant sy kop soos hy lomp tussen die kinders deur vir Dermpie Wilson probeer weghardloop.”
Season 1 / Episode 8 42 min

Kom weg: Hoofstuk 9

“Asof plakkers nie kan voel nie … Natuurlik het Mara se afjak my seergemaak, maar dit sou nie help om net ná die afskryfgemors verder te karring nie.”
Season 1 / Episode 9 22 min

Kom weg: Hoofstuk 10

“Sal jý wil huis toe gaan as jou huis vier sinkplate in ʼn plakkerskamp is?”
Season 1 / Episode 10 4 min

Kom weg: Hoofstuk 11

“‘Moenie vir jou kom stuitig hou nie.’ Tannie Genade begin uitklim. Mara kyk by die venster uit en sy wonder of Melt ook bloos. Glipsie proes.”
Season 1 / Episode 11 27 min

Kom weg: Hoofstuk 13

“Vir die hoeveelste keer sit ek my só en verwonder aan die onverwagte hemelse holte in die vaal palm van die Hoëveld dat ek nie regtig hoor wat Bennie hier langs my sê nie.”
Season 1 / Episode 13 28 min

Kom nou: Hoofstuk 14

“Ek verlang na my ma. Hoe sou sy dié stukkie rus, wat haar nooit beskore was nie, kon geniet.”
Season 1 / Episode 14 22 min

Kom nou: Hoofstuk 15

“Iewers in matriek rond het Mara se droom vir haar ʼn boodskap geword dat net syself haar terugkeer Kom toe sou bepaal.”
Season 1 / Episode 15 17 min

Kom nou: Hoofstuk 16

“Die stilte val soos ʼn onverwagte wolk voor die son oor die vergadering. Martjie gee vermakerig die stilte kans om in ʼn asemteug van ongeloof te verander voordat sy selfvoldaan voortgaan.”
Season 1 / Episode 16 23 min

Kom nou: Hoofstuk 17

“Ons wag net vir Mara, dan vertel ek vir julle die tragiese komedie van swaer Grootpiet se testament waaruit my arme sus Nonnie nie ʼn duit kry nie.”
Season 1 / Episode 17 17 min

Kom nou: Hoofstuk 18

“Doen ek ooit die regte ding, Mara? Trou is nie perdekoop nie.”
Season 1 / Episode 18 1 hr 10 min

[SLOTHOOFSTUK] Kom nou: Hoofstuk 19

“Bewaring is tog ook maar net liefde, glo my Bennie deesdae, en die liefde, het ek en hy ooreengekom, word in die hemel gemaak maar moet op aarde in stand gehou word.”
Season 1 / Episode 19 19 min