Netwerk24 Politieke Rapport

Politieke Rapport

Rapport se politieke redaksie gesels oor alles politiek.
Weekly Afrikaans South Africa News · Politics
6 Episodes

Politieke Rapport | Hoekom is die ANC-ministers so suur?

Tim du Plessis en Dawie Boonzaaier wonder of die miljoene rande se lekgotla’s, imbizo’s en dialoeë darem op iets sal uitloop; of Helen Zille meer gereeld moet mond uitspoel; en of Tim Walz dalk die Trump-troefkaart is?
7 Aug 35 min

Luister: Tim du Plessis en Dawie Boonzaaier gesels politiek

Durf jy hoop dat pres. Cyril Ramaphosa in sy laaste termyn fermer gaan optree teen dwarstrekkers wat vasskop teen sy hervormingsplanne? En kan MK die rol van die amptelike opposisie vervul? Dawie Boonzaaier en Tim du Plessis besin oor die politieke stories van die afgelope week.
26 Jul 45 min