
My Hart se Punt met Ernusta
My hart se punt is ’n splinternuwe potgooi wat diep delf in die verskillende fasette van liefde. Van kalwerliefde tot die dieper verbintenisse wat mense oor tyd bou, hierdie reeks bederf luisters met opregte verhale, insigte en inspirasie oor die krag van liefde. Aanbieder Ernusta Maralack gesels hierdie week met joernalis en skrywer Julian Jansen wat op 60 ’n tweede kans op die liefde gekry het – en nou verlief en verloof is!
