Mpumalanga-Valke trek twee vas vir vermeende bedrog, diefstal

Loading player...
Twee mans het Maandag in die die hof in Nelspruit verskyn op klagte van bedrog en diefstal, na hulle deur die Valke in hegtenis geneem is.
Mlungisi Collen Nkosi het glo in Junie 2017 vervalste IRP5-dokumente aan die inkomstediens gelewer names sy maatskappy, Dlami Trading.
Volgens kaptein Dineo Sekgotodi het dit die SAID sowat nege-honderd en vyftig-duisend-Rand gekos.
Hy is borgtog van twintig-duisend-Rand toegestaan en moet weer op 16 Maart in die hof verskyn.
‘n Prokureur, Themba Daniel Mabunda, het ook verskyn vir vermeende diefstal.
Hy het glo in Junie verlede jaar ongeveer drie-honderd-en-tien-duisend-Rand uit sy regsfirma se trust-rekening gesteel.
Hy is borgtog van tien-duisend-Rand toegestaan.
9 Mar 2021 3AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Krane in Barberton-area loop droog

Barberton ondervind ook ernstige waterprobleme. Die DA-raadslid, Philip Minnaar, vra dat Mbombela-munisipaliteit 'n plan bedink en dit aan inwoners kommunikeer.
12 Feb 6AM 12 min

Callum Makiti met pannekoek

Callum Mac Pherson kan vinnig en aanhoudend baie pannekoek bak. Saterdag pak hy 'n nuwe uitdaging aan by die Maroela Makiti.
28 Jan 9AM 8 min

Senteeko-dam nougekeurig gemonitor

Die De Kaap-besproeiingsraad waarsku die Senteeko-dam in die Suidkaap-rivier buite Barberton bly onveilig en onstabiel terwyl hulle die situasie noukeurig monitor. Waarskuwings bly in plek. Die DA-raadslid, Philip Minnaar verduidelik.
23 Jan 6AM 5 min

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min