Lydenburg se paaie steeds gesluit

Loading player...
Die paaie in en uit Lydenburg is steeds gesluit deur ontstoke betogers wat Donderdag begin opruk het teen Thaba Chweu-munisipaliteit.
Kinders kan nie skool toe gaan nie, mense kan nie werk toe nie en die munisipale kantore is gesluit.
Moeti Mmusi van die departement gemeenskapsveiligheid sê dertien mense is gister in hegtenis geneem, vir onder meer openbare geweld.
Mense is ontevrede oor ‘n gebrek aan dienslewering en die beweerde onwettige verkoop van GOP-huise.
Ezrom Sekgobela, woordvoerder van Thaba Chweu, sê hulle het steeds nie ‘n skrewe ontvang van die betogers se presiese klagtes nie.
9 Mar 2021 7AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Krane in Barberton-area loop droog

Barberton ondervind ook ernstige waterprobleme. Die DA-raadslid, Philip Minnaar, vra dat Mbombela-munisipaliteit 'n plan bedink en dit aan inwoners kommunikeer.
12 Feb 6AM 12 min

Callum Makiti met pannekoek

Callum Mac Pherson kan vinnig en aanhoudend baie pannekoek bak. Saterdag pak hy 'n nuwe uitdaging aan by die Maroela Makiti.
28 Jan 9AM 8 min

Senteeko-dam nougekeurig gemonitor

Die De Kaap-besproeiingsraad waarsku die Senteeko-dam in die Suidkaap-rivier buite Barberton bly onveilig en onstabiel terwyl hulle die situasie noukeurig monitor. Waarskuwings bly in plek. Die DA-raadslid, Philip Minnaar verduidelik.
23 Jan 6AM 5 min

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min