Kan geld geluk koop?

Loading player...
Albert van Wyk het op skool reeds sy eerste tree in entrepreneurskap gegee, en as 22-jarige het hy reeds sy eerste miljoen in die sak gehad. Tog kom hy uit ʼn doodgewone middeklashuis in Pretoria se goeie ou Moot-omgewing. In sy jongste boek maak hy boonop die kontroversiële stelling dat geld tog wel vir ʼn mens kan geluk koop. Albert het met Esté Meyer Jansen van Maroela Media hieroor gesels en verduidelik hoe hy glo geluk werk, asook hoe jy kan welvaart skep om meer van daar die geluk te “koop”.
12 Mar 2021 Afrikaans South Africa News · Kids & Family

Other recent episodes

‘Help, graad 4 is hier!’

“Graad 4 is dikwels ʼn groter aanpassing as graad 1,” sê Unine Laas, Grondslagfasespesialis by die Solidariteit Skoleondersteuningsentrum, in Maroela Media se ateljee.
24 Apr 22 min

‘Kweek van kleins af ʼn lesertjie’

Maroela Media gesels met Coralie Vermaak, ʼn spraak-en-taalterapeut en oudioloog, oor die belangrikheid om kinders van ʼn jong ouderdom af aan boeke en lees gewoond te maak.
23 Apr 23 min

Hettie en Louis Brittz gee hoop vir gesinne in haastige wêreld

“God is nie klaar met jou gesin nie, want Hy is steeds besig om dit elke dag te vorm.” Volgens Hettie en Louis Brittz begin dit nie by kitsoplossings nie, maar by wortels van julle verhouding. Die egpaar, wat al meer as drie dekades saam die pad van die huwelik…
2 Apr 13 min