Ontsnapte misdadiger in Mpumalanga gevonnis

Loading player...
‘n Vermeende moordenaar is gister in die Nelspruit-hof tot drie jaar gevangenisstraf gevonnis vir ontsnapping uit polisie-aanhouding.
Die drie-en-twintig-jarige Norman Sylvester Mokoena, ook bekend as "Dallas" het in November 2019 uit die Calcutta-hof se aanhoudingselle ontsnap nadat hy borgtog geweier is vir verskeie gewapende roof- en moordsake in Marite.
Volgens die Valke se kaptein Dineo Sekgotodi is hy in Augustus in Boskobrand vasgetrek en was glo in besit van ‘n onwettige vuurwapen.
Mokoena het skuldig gepleit op die klagte van ontsnapping. Sy verhoor vir moord en die onwettige besit van ‘n vuurwapen begin op 31 Mei in die Mpumalanga hooggeregshof.
18 Mar 2021 4AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Krane in Barberton-area loop droog

Barberton ondervind ook ernstige waterprobleme. Die DA-raadslid, Philip Minnaar, vra dat Mbombela-munisipaliteit 'n plan bedink en dit aan inwoners kommunikeer.
12 Feb 6AM 12 min

Callum Makiti met pannekoek

Callum Mac Pherson kan vinnig en aanhoudend baie pannekoek bak. Saterdag pak hy 'n nuwe uitdaging aan by die Maroela Makiti.
28 Jan 9AM 8 min

Senteeko-dam nougekeurig gemonitor

Die De Kaap-besproeiingsraad waarsku die Senteeko-dam in die Suidkaap-rivier buite Barberton bly onveilig en onstabiel terwyl hulle die situasie noukeurig monitor. Waarskuwings bly in plek. Die DA-raadslid, Philip Minnaar verduidelik.
23 Jan 6AM 5 min

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min