BELA-wetsontwerp wek kommer oor tuisonderrig

Loading player...
Die Pestalozzi Trust het hul kommer uitgespreek oor die wysigingswetsontwerp op basiese onderwyswette.
Voorsitter Bouwer van der Eem sê die BELA-wetsontwerp skep verskeie probleme.
Onder meer sal dit net by die kind se huis mág geskied en amptenare moet huisbesoek doen wat inbreuk maak op hul privaatheid.
Gereelde assesserings waarvoor ouers die kostes moet dra is ook voorgestel.
Hy moedig tuisonderrig-ouers aan om insette te lewer deur by Liberty in Learning of die Pestalozzi Trust aan te sluit.
24 Mar 2021 6AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Krane in Barberton-area loop droog

Barberton ondervind ook ernstige waterprobleme. Die DA-raadslid, Philip Minnaar, vra dat Mbombela-munisipaliteit 'n plan bedink en dit aan inwoners kommunikeer.
12 Feb 6AM 12 min

Callum Makiti met pannekoek

Callum Mac Pherson kan vinnig en aanhoudend baie pannekoek bak. Saterdag pak hy 'n nuwe uitdaging aan by die Maroela Makiti.
28 Jan 9AM 8 min

Senteeko-dam nougekeurig gemonitor

Die De Kaap-besproeiingsraad waarsku die Senteeko-dam in die Suidkaap-rivier buite Barberton bly onveilig en onstabiel terwyl hulle die situasie noukeurig monitor. Waarskuwings bly in plek. Die DA-raadslid, Philip Minnaar verduidelik.
23 Jan 6AM 5 min

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min