Kanker-oorlewendes word bederf

Loading player...
KANSA se jaarlikse Relay for Life kon in 2020 nie plaasvind nie weens inperking.
KANSA Laeveld se Relay-komitee het egter besluit om Woensdag iets spesiaal te doen om die kanker-oorlewendes aan wie dit opgedra is, te vier en te bederf.
Southern Sun Emnotweni en Michelle Higgo het die wonderlike ontbyt en geskenkpakkies vir versorgers geborg. Die allerbelangrike kersaansteek-seremonie is ook gehou.
Organiseerder, Pauline Möller, het almal bedank wat die dag moontlik gemaak het.
26 Mar 2021 7AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Krane in Barberton-area loop droog

Barberton ondervind ook ernstige waterprobleme. Die DA-raadslid, Philip Minnaar, vra dat Mbombela-munisipaliteit 'n plan bedink en dit aan inwoners kommunikeer.
12 Feb 6AM 12 min

Callum Makiti met pannekoek

Callum Mac Pherson kan vinnig en aanhoudend baie pannekoek bak. Saterdag pak hy 'n nuwe uitdaging aan by die Maroela Makiti.
28 Jan 9AM 8 min

Senteeko-dam nougekeurig gemonitor

Die De Kaap-besproeiingsraad waarsku die Senteeko-dam in die Suidkaap-rivier buite Barberton bly onveilig en onstabiel terwyl hulle die situasie noukeurig monitor. Waarskuwings bly in plek. Die DA-raadslid, Philip Minnaar verduidelik.
23 Jan 6AM 5 min

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min