Witrivier-polisie in spervuur oor beweerde aanranding by stasie

Loading player...
Die polisie ondersoek ‘n insident waarin ‘n man gister in die Witrivier-polisiestasie aangerand is.
Delia Jordaan en Barend Byliefeldt is die oggend deur ‘n groep karre tot stilstand gedwing. ‘n Vuurwapen is op hulle gerig en hul motorruit is uitgeslaan.
Hulle is na die stasie agtervolg, waar die paartjie glo aanhou dreig is.
‘n Video wys duidelik hoe Byliefeldt voor die polisie deur die mans aangerand word.
Jordaan sê hulle is net toegelaat om ‘n ongeluksverslag in te vul.
Alma en Jan Bam vertel hulle het 'n baie soortgelyke ervaring gehad op 4 Oktober.
29 Mar 2021 8AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Krane in Barberton-area loop droog

Barberton ondervind ook ernstige waterprobleme. Die DA-raadslid, Philip Minnaar, vra dat Mbombela-munisipaliteit 'n plan bedink en dit aan inwoners kommunikeer.
12 Feb 6AM 12 min

Callum Makiti met pannekoek

Callum Mac Pherson kan vinnig en aanhoudend baie pannekoek bak. Saterdag pak hy 'n nuwe uitdaging aan by die Maroela Makiti.
28 Jan 9AM 8 min

Senteeko-dam nougekeurig gemonitor

Die De Kaap-besproeiingsraad waarsku die Senteeko-dam in die Suidkaap-rivier buite Barberton bly onveilig en onstabiel terwyl hulle die situasie noukeurig monitor. Waarskuwings bly in plek. Die DA-raadslid, Philip Minnaar verduidelik.
23 Jan 6AM 5 min

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min