Dogtertjie dood in Malalane ongeluk

Loading player...
‘n Klein dogtertjie is vanoggend in ‘n motorongeluk dood nadat die kar waarmee sy op pad was skool toe, in ‘n botsing betrokke was.
Moeti Mmusi van die departement gemeenskapsveiligheid, het bevestig dat die twee voertuie in dieselfde rigting op die N4 in die rigting van Malalane gery toe hulle naby die Caltex-vulstasie sydelings gebots het. Dit het in die omgewing van sewe-uur gebeur.
Sy is op die toneel dood. Dit is onbekend hoe oud sy was.
Volgens Mmusi was hulle in verskillende skole.
Twee van die kinders is ernstig beseer en hospitaal toe gehaas
8 Apr 2021 6AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Krane in Barberton-area loop droog

Barberton ondervind ook ernstige waterprobleme. Die DA-raadslid, Philip Minnaar, vra dat Mbombela-munisipaliteit 'n plan bedink en dit aan inwoners kommunikeer.
12 Feb 6AM 12 min

Callum Makiti met pannekoek

Callum Mac Pherson kan vinnig en aanhoudend baie pannekoek bak. Saterdag pak hy 'n nuwe uitdaging aan by die Maroela Makiti.
28 Jan 9AM 8 min

Senteeko-dam nougekeurig gemonitor

Die De Kaap-besproeiingsraad waarsku die Senteeko-dam in die Suidkaap-rivier buite Barberton bly onveilig en onstabiel terwyl hulle die situasie noukeurig monitor. Waarskuwings bly in plek. Die DA-raadslid, Philip Minnaar verduidelik.
23 Jan 6AM 5 min

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min