Moordondersoek land drie in hof op ou klagte

Loading player...
Drie mans het Dinsdag in die hof verskyn op dekade-oue klagtes wat heringestel is.
Volgens die Valke is Elliot Sindane, Elvis Mlimi en Mabuthi Khoza in 2011 aangekeer vir onwettige jag, onwettige besit van vuurwapens, handel in renosterhoring en betreding.
Kaptein Lloyd Ramovha voer aan twee sake is in 2012 onder twyfelagtige omstandighede van die hofrol geskrap.
Dit is heringestel na 'n ondersoek na die moord op luitenant-kolonel Leroy Bruwer 'n jaar gelede.
Die drie moet weer op 17 Mei verskyn.
8 Apr 2021 8AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Krane in Barberton-area loop droog

Barberton ondervind ook ernstige waterprobleme. Die DA-raadslid, Philip Minnaar, vra dat Mbombela-munisipaliteit 'n plan bedink en dit aan inwoners kommunikeer.
12 Feb 6AM 12 min

Callum Makiti met pannekoek

Callum Mac Pherson kan vinnig en aanhoudend baie pannekoek bak. Saterdag pak hy 'n nuwe uitdaging aan by die Maroela Makiti.
28 Jan 9AM 8 min

Senteeko-dam nougekeurig gemonitor

Die De Kaap-besproeiingsraad waarsku die Senteeko-dam in die Suidkaap-rivier buite Barberton bly onveilig en onstabiel terwyl hulle die situasie noukeurig monitor. Waarskuwings bly in plek. Die DA-raadslid, Philip Minnaar verduidelik.
23 Jan 6AM 5 min

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min