Private sektor doen beroep op regering om in te gryp by MTPA-staking

Loading player...
Georganiseerde toerisme in Mpumalanga het 'n beroep gedoen op die provinsiale regering om 'n einde te maak aan die onwettige staking deur MTPA-werknemers.
Die parke agentskap se reservate is al sedert Dinsdag gesluit.
Oupa Pilane, wat die Kruger-Laeveld-sakekamer en Satsa Mpumalanga verteenwoordig, sê toerisme kan dit nie bekostig nie, omdat die bedryf reeds op sy knieë is weens internasionale inperking.
Die LUR sou gister met Nehawu vergader, maar dit sal na verwagting eers vanmiddag gebeur.
9 Apr 2021 4AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Krane in Barberton-area loop droog

Barberton ondervind ook ernstige waterprobleme. Die DA-raadslid, Philip Minnaar, vra dat Mbombela-munisipaliteit 'n plan bedink en dit aan inwoners kommunikeer.
12 Feb 6AM 12 min

Callum Makiti met pannekoek

Callum Mac Pherson kan vinnig en aanhoudend baie pannekoek bak. Saterdag pak hy 'n nuwe uitdaging aan by die Maroela Makiti.
28 Jan 9AM 8 min

Senteeko-dam nougekeurig gemonitor

Die De Kaap-besproeiingsraad waarsku die Senteeko-dam in die Suidkaap-rivier buite Barberton bly onveilig en onstabiel terwyl hulle die situasie noukeurig monitor. Waarskuwings bly in plek. Die DA-raadslid, Philip Minnaar verduidelik.
23 Jan 6AM 5 min

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min