Dra 'n CAP vir Selanna

Loading player...
'n Gebedsaksie is van stapel gestuur vir die 19-jarige Selanna Biggs wat Sondag in haar karwrak gevind is, nadat sy vir amper 28 uur in haar motor vasgekeer was.
‘n Groot soektog na haar is van stapel gestuur voor sy eindelik in 'n plantasie gevind is.
Sy het haar femur sleg gebreek, en sterk in die hospitaal aan.
'n Familievriend, Marne Nel, het die idee gehad dat mense Vrydag pette dra om te wys dat hulle omgee.
Sy voeg by dat soveel mense reeds vir haar bid en die gesin ondersteun, dat dit 'n praktiese manier is om dit te wys.
14 Apr 2021 7AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Krane in Barberton-area loop droog

Barberton ondervind ook ernstige waterprobleme. Die DA-raadslid, Philip Minnaar, vra dat Mbombela-munisipaliteit 'n plan bedink en dit aan inwoners kommunikeer.
12 Feb 6AM 12 min

Callum Makiti met pannekoek

Callum Mac Pherson kan vinnig en aanhoudend baie pannekoek bak. Saterdag pak hy 'n nuwe uitdaging aan by die Maroela Makiti.
28 Jan 9AM 8 min

Senteeko-dam nougekeurig gemonitor

Die De Kaap-besproeiingsraad waarsku die Senteeko-dam in die Suidkaap-rivier buite Barberton bly onveilig en onstabiel terwyl hulle die situasie noukeurig monitor. Waarskuwings bly in plek. Die DA-raadslid, Philip Minnaar verduidelik.
23 Jan 6AM 5 min

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min