Twee mans vermoor in groepsgeweld

Loading player...
Twee mans is die week dood in afsonderlike gevalle van groepsgeweld in Bosbokrand.
Volgens kolonel Donald Mdhluli was die eerste voorval Woensdag toe drie gewapende mans ‘n winkeleienaar in Zoeknog probeer beroof het.
Hy het alarm gemaak. Twee aanvallers kon vlug, maar die een wat agtergelaat is, is deur lede van die gemeenskap vasgebind en aangerand tot hy dood was.
Donderdag is ‘n 38-jarige man dood in Majembeni-trust. Hy is na bewering betrap terwyl hy ‘n bejaarde vrou verkrag het, en gemeenskapslede het hom ernstig aangerand tot hy dood is.
17 Apr 2021 6AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Krane in Barberton-area loop droog

Barberton ondervind ook ernstige waterprobleme. Die DA-raadslid, Philip Minnaar, vra dat Mbombela-munisipaliteit 'n plan bedink en dit aan inwoners kommunikeer.
12 Feb 6AM 12 min

Callum Makiti met pannekoek

Callum Mac Pherson kan vinnig en aanhoudend baie pannekoek bak. Saterdag pak hy 'n nuwe uitdaging aan by die Maroela Makiti.
28 Jan 9AM 8 min

Senteeko-dam nougekeurig gemonitor

Die De Kaap-besproeiingsraad waarsku die Senteeko-dam in die Suidkaap-rivier buite Barberton bly onveilig en onstabiel terwyl hulle die situasie noukeurig monitor. Waarskuwings bly in plek. Die DA-raadslid, Philip Minnaar verduidelik.
23 Jan 6AM 5 min

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min