Polisie veroordeel oproerigheid by Piet Retief-hof

Loading player...
Die polisie het die oproerige gedrag gister by die hof in Piet Retief veroordeel waar vyf moordverdagtes wat beskuldig word dat hulle twee broers vermoor het, se borgaansoek begin het.
Daniel Malan, Cornelius Greyling, Othard Klingenberg, Ignatius Michael Steynberg en Zenzele Yende word aangekla dat hulle Zenzele en Amos Coka op 9 April op die plaas Pampoenkraal doodgeskiet het.
Volgens kolonel Donald Mdhluli is daar Maandag skade aan verskeie eiendomme aangerig. 'n Man is glo ook gesteek.
Die polisie het skokgranate afgevuur. Die borgaansoek gaan vandag voort.
20 Apr 2021 4AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Krane in Barberton-area loop droog

Barberton ondervind ook ernstige waterprobleme. Die DA-raadslid, Philip Minnaar, vra dat Mbombela-munisipaliteit 'n plan bedink en dit aan inwoners kommunikeer.
12 Feb 6AM 12 min

Callum Makiti met pannekoek

Callum Mac Pherson kan vinnig en aanhoudend baie pannekoek bak. Saterdag pak hy 'n nuwe uitdaging aan by die Maroela Makiti.
28 Jan 9AM 8 min

Senteeko-dam nougekeurig gemonitor

Die De Kaap-besproeiingsraad waarsku die Senteeko-dam in die Suidkaap-rivier buite Barberton bly onveilig en onstabiel terwyl hulle die situasie noukeurig monitor. Waarskuwings bly in plek. Die DA-raadslid, Philip Minnaar verduidelik.
23 Jan 6AM 5 min

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min