Mpumalanga Landbou waarsku oor onwettige jag met honde

Loading player...
Mpumalanga Landbou sê die onwettige jag van wild met honde is ‘n omvattende probleem regoor die provinsie.
Die landbou-organisasie het ‘n beroep gedoen op die polisie en LUR vir gemeenskapsveiligheid om die praktyk dringend te ondersoek, na die moord op ‘n boer, Hennie Moldenhauer, Sondag naby Amersfoort.
Volgens Robert Davel, hoofbestuurder van Mpumalanga Landbou, is die moord na bewering gepleeg deur persone wat onwettig met honde op Moldenhauer se plaas gejag het.
Hy sê klagtes in dié verband word uit alle oorde ontvang – ook uit die Laeveld en Onderberg.
Na bewering word dit op groot skaal bestuur deur sindikate en groot bedrae geld is betrokke.
19 May 2021 3AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Krane in Barberton-area loop droog

Barberton ondervind ook ernstige waterprobleme. Die DA-raadslid, Philip Minnaar, vra dat Mbombela-munisipaliteit 'n plan bedink en dit aan inwoners kommunikeer.
12 Feb 6AM 12 min

Callum Makiti met pannekoek

Callum Mac Pherson kan vinnig en aanhoudend baie pannekoek bak. Saterdag pak hy 'n nuwe uitdaging aan by die Maroela Makiti.
28 Jan 9AM 8 min

Senteeko-dam nougekeurig gemonitor

Die De Kaap-besproeiingsraad waarsku die Senteeko-dam in die Suidkaap-rivier buite Barberton bly onveilig en onstabiel terwyl hulle die situasie noukeurig monitor. Waarskuwings bly in plek. Die DA-raadslid, Philip Minnaar verduidelik.
23 Jan 6AM 5 min

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min