Pumas stel wedstryd teen Cheetahs af weens Covid

Loading player...
Die New Nation Pumas het hul opwarmingswedstryd Vrydag teen die Cheetahs afgestel, weens kommer oor Covid-gevalle.
Dít na die afrigter van die Oostelike Provinsie en elf van sy spelers positief getoets het.
Mpumalanga Rugby se uitvoerende hoof, Marius van Rensburg, sê aangesien die Cheetahs verlede naweek teen die OP slaags was, die Pumas nie die risiko wou neem nie om self die virus op te kan doen nie. Hy voeg by dit is jammer om nie ‘n laaste vriendskaplike wedstryd te kan speel voor die Curriebeker op 18 Junie afskop nie.
9 Jun 2021 8AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Krane in Barberton-area loop droog

Barberton ondervind ook ernstige waterprobleme. Die DA-raadslid, Philip Minnaar, vra dat Mbombela-munisipaliteit 'n plan bedink en dit aan inwoners kommunikeer.
12 Feb 6AM 12 min

Callum Makiti met pannekoek

Callum Mac Pherson kan vinnig en aanhoudend baie pannekoek bak. Saterdag pak hy 'n nuwe uitdaging aan by die Maroela Makiti.
28 Jan 9AM 8 min

Senteeko-dam nougekeurig gemonitor

Die De Kaap-besproeiingsraad waarsku die Senteeko-dam in die Suidkaap-rivier buite Barberton bly onveilig en onstabiel terwyl hulle die situasie noukeurig monitor. Waarskuwings bly in plek. Die DA-raadslid, Philip Minnaar verduidelik.
23 Jan 6AM 5 min

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min