Twee onderwysers voorlopig geskors na herrie by HTS Witbank

Loading player...
Leerlinge van HTS Witbank het vandag teruggekeer skool toe, na die skool verlede week gesluit is weens wrywing oor 'n video waarin kinders baklei.
Premier Refilwe Mtshweni-Tsipane en die LUR vir onderwys, Bonakele Majuba, het die skool besoek.
Sy sê twee onderwysers is voorlopig geskors na die voorval in ‘n rasse-herrie ontaard het.
Twee leerlinge is verlede week geskors. Nog drie wat ook by die bakleiery betrokke was, is nou vir ‘n week geskors.
Al vyf leerlinge sal volgende week dissiplinêr verhoor word.
21 Jun 2021 6AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Krane in Barberton-area loop droog

Barberton ondervind ook ernstige waterprobleme. Die DA-raadslid, Philip Minnaar, vra dat Mbombela-munisipaliteit 'n plan bedink en dit aan inwoners kommunikeer.
12 Feb 6AM 12 min

Callum Makiti met pannekoek

Callum Mac Pherson kan vinnig en aanhoudend baie pannekoek bak. Saterdag pak hy 'n nuwe uitdaging aan by die Maroela Makiti.
28 Jan 9AM 8 min

Senteeko-dam nougekeurig gemonitor

Die De Kaap-besproeiingsraad waarsku die Senteeko-dam in die Suidkaap-rivier buite Barberton bly onveilig en onstabiel terwyl hulle die situasie noukeurig monitor. Waarskuwings bly in plek. Die DA-raadslid, Philip Minnaar verduidelik.
23 Jan 6AM 5 min

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min