Opod ondersoek man se dood in Ermelo-hospitaal

Loading player...
Die Onafhanklike Polisieondersoekdirektoraat (Opod) het vandag die nadoodse ondersoek bygewoon van 'n 29-jarige man wat in Ermelo-hospitaal dood is.
Hy is na bewering op 12 Junie deur polisielede aangerand by die Jeppe-polisiestasie in Gauteng.
Sy broer het video en foto’s geneem. Hy is aangekeer vir die besit van dwelms en verset teen arrestasie, maar is vrygelaat.
Sy vriendin het hom hospitaal toe geneem. Hy is later na Ermelo oorgeplaas.
Volgens Ndileka Cola, Opod-woordvoerder, is ‘n saak van aanranding nie oopgemaak nie.
24 Jun 2021 7AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Krane in Barberton-area loop droog

Barberton ondervind ook ernstige waterprobleme. Die DA-raadslid, Philip Minnaar, vra dat Mbombela-munisipaliteit 'n plan bedink en dit aan inwoners kommunikeer.
12 Feb 6AM 12 min

Callum Makiti met pannekoek

Callum Mac Pherson kan vinnig en aanhoudend baie pannekoek bak. Saterdag pak hy 'n nuwe uitdaging aan by die Maroela Makiti.
28 Jan 9AM 8 min

Senteeko-dam nougekeurig gemonitor

Die De Kaap-besproeiingsraad waarsku die Senteeko-dam in die Suidkaap-rivier buite Barberton bly onveilig en onstabiel terwyl hulle die situasie noukeurig monitor. Waarskuwings bly in plek. Die DA-raadslid, Philip Minnaar verduidelik.
23 Jan 6AM 5 min

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min