Nog 'n pitbull by Barberton DBV gesteel

Loading player...
Die derde pitbull in vier maande is gisteraand by die Barberton DBV gesteel.
Marlies Liebenberg sê die heining is geknip en die slot na die hok moontlik met ‘n loper oopgemaak.
Die hond het dieselfde dag van die straat af by die kennels aangekom.
Liebenberg sê pitbulls is baie gesog, omdat hulle gewild is in hondegevegte, en daar ‘n baie groot mark vir hul klein hondjies is.
Sy sê hulle kan nie langer so aangaan nie, en Barberton sal voortaan nie meer pitbulls aanvaar nie - maar die honde na ander DBV-takke uitplaas.
1 Jul 2021 9AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Krane in Barberton-area loop droog

Barberton ondervind ook ernstige waterprobleme. Die DA-raadslid, Philip Minnaar, vra dat Mbombela-munisipaliteit 'n plan bedink en dit aan inwoners kommunikeer.
12 Feb 6AM 12 min

Callum Makiti met pannekoek

Callum Mac Pherson kan vinnig en aanhoudend baie pannekoek bak. Saterdag pak hy 'n nuwe uitdaging aan by die Maroela Makiti.
28 Jan 9AM 8 min

Senteeko-dam nougekeurig gemonitor

Die De Kaap-besproeiingsraad waarsku die Senteeko-dam in die Suidkaap-rivier buite Barberton bly onveilig en onstabiel terwyl hulle die situasie noukeurig monitor. Waarskuwings bly in plek. Die DA-raadslid, Philip Minnaar verduidelik.
23 Jan 6AM 5 min

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min