Laevelders vat hande om onluste in die kiem te kan smoor

Loading player...
Daar is tans geen teken van oproerigheid in die Laeveld nie.
Plaaslike sekuriteitsmaatskappye het wel besluit om met mekaar hande te vat om enige oproerigheid in die kiem te smoor.
Ook die polisie, taxi-verenigings en sakeleiers werk almal saam om eiendom te beskerm.
Callum MacPherson van Hi-Tech Sekuriteit, Albert Gryvenstein van Bossies Community Justice en John Meintjes van ACS Sekuriteit en die Nelspruit GPF bestuur die gesamentlike operasionele komitee (JOC).
Gryvenstein sê mense moenie onnodig paniek saai onder mekaar nie.
14 Jul 2021 8AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Krane in Barberton-area loop droog

Barberton ondervind ook ernstige waterprobleme. Die DA-raadslid, Philip Minnaar, vra dat Mbombela-munisipaliteit 'n plan bedink en dit aan inwoners kommunikeer.
12 Feb 6AM 12 min

Callum Makiti met pannekoek

Callum Mac Pherson kan vinnig en aanhoudend baie pannekoek bak. Saterdag pak hy 'n nuwe uitdaging aan by die Maroela Makiti.
28 Jan 9AM 8 min

Senteeko-dam nougekeurig gemonitor

Die De Kaap-besproeiingsraad waarsku die Senteeko-dam in die Suidkaap-rivier buite Barberton bly onveilig en onstabiel terwyl hulle die situasie noukeurig monitor. Waarskuwings bly in plek. Die DA-raadslid, Philip Minnaar verduidelik.
23 Jan 6AM 5 min

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min