Medelye na sekuriteitswag se skietdood

Loading player...
Die VF Plus het hul medelye betuig na ‘n sekuriteitswag gister tydens ‘n plaasaanval naby Brondal doodgeskiet is.
Oupa Mhlongo, wat gereageer het op die noodroep, is doodgeskiet. Die boer, Johan van der Merwe, is ook geskiet en is sover bekend in ‘n kritieke, maar stabiele, toestand in die hospitaal.
Die drie gewapende verdagtes het op die vlug geslaan.
Die VF Plus se Werner Weber sê dit is kommerwekkend dat die aanvallers in uniforms soortgelyk aan dié van sekuriteitswagte geklee was tydens die aanval aangesien hierdie soort voorvalle meer en meer begin plaasvind.
3 Aug 2021 6AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Krane in Barberton-area loop droog

Barberton ondervind ook ernstige waterprobleme. Die DA-raadslid, Philip Minnaar, vra dat Mbombela-munisipaliteit 'n plan bedink en dit aan inwoners kommunikeer.
12 Feb 6AM 12 min

Callum Makiti met pannekoek

Callum Mac Pherson kan vinnig en aanhoudend baie pannekoek bak. Saterdag pak hy 'n nuwe uitdaging aan by die Maroela Makiti.
28 Jan 9AM 8 min

Senteeko-dam nougekeurig gemonitor

Die De Kaap-besproeiingsraad waarsku die Senteeko-dam in die Suidkaap-rivier buite Barberton bly onveilig en onstabiel terwyl hulle die situasie noukeurig monitor. Waarskuwings bly in plek. Die DA-raadslid, Philip Minnaar verduidelik.
23 Jan 6AM 5 min

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min