Curro-leerder skryf universiteitsbeurs los

Loading player...
Lize van Eeden, ‘n graad 12-leerling aan Curro Nelspruit, het ‘n vyfde plek verower in die nasionale Engels-Olimpiade se eksamen vir Eerste Addisionele Taal.
Meer as 4 400 leerlinge uit 243 skole het ingeskryf. Dit het haar 'n beurs besorg om volgende jaar by Rhodes Universiteit te studeer.
Sy sê sy was baie verras om so goed te vaar, en hoewel sy goed doen in Engels, is dit nie haar beste vak nie.
Sy beoog om aktuariële wetenskap of finansiële risikobestuur te gaan studeer en dalk die beurs van die hand te wys.
4 Aug 2021 9AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Krane in Barberton-area loop droog

Barberton ondervind ook ernstige waterprobleme. Die DA-raadslid, Philip Minnaar, vra dat Mbombela-munisipaliteit 'n plan bedink en dit aan inwoners kommunikeer.
12 Feb 6AM 12 min

Callum Makiti met pannekoek

Callum Mac Pherson kan vinnig en aanhoudend baie pannekoek bak. Saterdag pak hy 'n nuwe uitdaging aan by die Maroela Makiti.
28 Jan 9AM 8 min

Senteeko-dam nougekeurig gemonitor

Die De Kaap-besproeiingsraad waarsku die Senteeko-dam in die Suidkaap-rivier buite Barberton bly onveilig en onstabiel terwyl hulle die situasie noukeurig monitor. Waarskuwings bly in plek. Die DA-raadslid, Philip Minnaar verduidelik.
23 Jan 6AM 5 min

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min