Paartjie gevonnis wat hulself as onderwysers voordoen

Loading player...
Hlobisile Lindokuhle Mthembu en Bongisipho Robert Mthembu is tot ses jaar tronkstraf, opgeskort vir vyf jaar, gevonnis nadat hulle hulself as onderwysers voorgedoen het.
Volgens die Valke is hulle Maandag skuldig bevind en gevonnis in die hof vir gespesialiseerde kommersiële misdaad in Nelspruit vir meer as ‘n miljoen-Rand se bedrog.
Hlobisile is in 2007 aangestel by Maphala Gulube Primary na sy vervalste kwalifikasies aan die departement voorgelê het.
Drie jaar later het haar man dieselfde gedoen voor hy later na ‘n ander skool oorgeplaas is.
Die paartjie het in 2016 bedank na hulle nie hul oorspronklike kwalifikasies kon verskaf nie. Hulle is in Augustus 2018 gearresteer.
Elkeen het die departement sowat 584-duisend-Rand gekos.
18 Aug 2021 4AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Krane in Barberton-area loop droog

Barberton ondervind ook ernstige waterprobleme. Die DA-raadslid, Philip Minnaar, vra dat Mbombela-munisipaliteit 'n plan bedink en dit aan inwoners kommunikeer.
12 Feb 6AM 12 min

Callum Makiti met pannekoek

Callum Mac Pherson kan vinnig en aanhoudend baie pannekoek bak. Saterdag pak hy 'n nuwe uitdaging aan by die Maroela Makiti.
28 Jan 9AM 8 min

Senteeko-dam nougekeurig gemonitor

Die De Kaap-besproeiingsraad waarsku die Senteeko-dam in die Suidkaap-rivier buite Barberton bly onveilig en onstabiel terwyl hulle die situasie noukeurig monitor. Waarskuwings bly in plek. Die DA-raadslid, Philip Minnaar verduidelik.
23 Jan 6AM 5 min

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min