VF Plus vra vir strenger optrede teen stropers

Loading player...
Die VF+ voer aan dat daar strenger teen vermeende renosterstropers opgetree moet word om dit hok te slaan.
Volgens Werner Weber het die Krugerwildtuin reeds 70% van sy renoster-bevolking weens stroping verloor die afgelope dekade.
Hy verwys na die onlangs inhegtenisname van twee mans wat met 19 horings in hul besit gevind is. Die een aangeklaagde is reeds 11 jaar gelede weens stroping aangekeer en was op borg uit ten tyde van sy jongste arrestasie.
20 Aug 2021 5AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Krane in Barberton-area loop droog

Barberton ondervind ook ernstige waterprobleme. Die DA-raadslid, Philip Minnaar, vra dat Mbombela-munisipaliteit 'n plan bedink en dit aan inwoners kommunikeer.
12 Feb 6AM 12 min

Callum Makiti met pannekoek

Callum Mac Pherson kan vinnig en aanhoudend baie pannekoek bak. Saterdag pak hy 'n nuwe uitdaging aan by die Maroela Makiti.
28 Jan 9AM 8 min

Senteeko-dam nougekeurig gemonitor

Die De Kaap-besproeiingsraad waarsku die Senteeko-dam in die Suidkaap-rivier buite Barberton bly onveilig en onstabiel terwyl hulle die situasie noukeurig monitor. Waarskuwings bly in plek. Die DA-raadslid, Philip Minnaar verduidelik.
23 Jan 6AM 5 min

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min