Beroep op burgemeester om te bedank na inhegtenisname

Loading player...
Die DA in Mpumalanga het 'n beroep gedoen op die burgemeester van die Nkangala-distriksmunisipaliteit om dadelik te bedank.
Sarah Masilela het gister saam met agt ander mense in die Middelburg-landdroshof verskyn op aanklag van bedrog.
Dit hou verband met 'n bedrag van byna 'n kwart-miljoen-Rand wat vir Erfenisdag-vieringe ontvang is, maar die geleentheid het blykbaar nooit plaasgevind nie.
Elkeen is borgtog van 10-duisend-Rand toegestaan. Hulle moet weer op 10 September in die hof verskyn.
24 Aug 2021 5AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Krane in Barberton-area loop droog

Barberton ondervind ook ernstige waterprobleme. Die DA-raadslid, Philip Minnaar, vra dat Mbombela-munisipaliteit 'n plan bedink en dit aan inwoners kommunikeer.
12 Feb 6AM 12 min

Callum Makiti met pannekoek

Callum Mac Pherson kan vinnig en aanhoudend baie pannekoek bak. Saterdag pak hy 'n nuwe uitdaging aan by die Maroela Makiti.
28 Jan 9AM 8 min

Senteeko-dam nougekeurig gemonitor

Die De Kaap-besproeiingsraad waarsku die Senteeko-dam in die Suidkaap-rivier buite Barberton bly onveilig en onstabiel terwyl hulle die situasie noukeurig monitor. Waarskuwings bly in plek. Die DA-raadslid, Philip Minnaar verduidelik.
23 Jan 6AM 5 min

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min