Mediclinic Nelspruit ondersteun nasionale vooma-inentings inisiatief hierdie naweek

Loading player...
Mediclinic Nelspruit het almal ouer as 18 jaar genooi om die komende naweek by hul dagkliniek hul inenting teen Covid te ontvang.
Die regering hou die naweek landwyd ‘n “Vooma”-inentingsnaweek om dit vir mense meer gerieflik te maak om die inenting te ontvang. Honderde private inentingstasies sal daarom ook Saterdag oop wees.
Mediclinic Nelspruit se bestuurder, Carmen Savva, sê hulle ondersteun inenting omdat mense wat ingeënt is beduidend minder ernstig siek raak van die virus.
29 Sep 2021 8AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Krane in Barberton-area loop droog

Barberton ondervind ook ernstige waterprobleme. Die DA-raadslid, Philip Minnaar, vra dat Mbombela-munisipaliteit 'n plan bedink en dit aan inwoners kommunikeer.
12 Feb 6AM 12 min

Callum Makiti met pannekoek

Callum Mac Pherson kan vinnig en aanhoudend baie pannekoek bak. Saterdag pak hy 'n nuwe uitdaging aan by die Maroela Makiti.
28 Jan 9AM 8 min

Senteeko-dam nougekeurig gemonitor

Die De Kaap-besproeiingsraad waarsku die Senteeko-dam in die Suidkaap-rivier buite Barberton bly onveilig en onstabiel terwyl hulle die situasie noukeurig monitor. Waarskuwings bly in plek. Die DA-raadslid, Philip Minnaar verduidelik.
23 Jan 6AM 5 min

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min