Poliebeampte veg om sy lewe na hy in Bosbokrand geskiet is

Loading player...
Die polisie het ‘n mannjeag van stapel gestuur vir verdagtes wat Sondagoggend op polisiebeamptes en ‘n brandweerman geskiet het in Bosbokrand.
Die lede het in die vroeë oggendure op ‘n ongelukstoneel op die R40 by Ga-Bereta gereageer. Die voertuig het van die pad af gery en in ‘n rivier beland. Die bestuurder is oorlede en een passasier het oorleef.
Volgens polisiewoordvoerder, brigadier Selvy Mohlala, het ‘n groep van ongeveer vyf verdagtes uit die bosse verskyn en op die beamptes begin skiet.
Een ppolisiekonstabel het verskeie skietwonde opgedoen.
1 Nov 2021 3AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Krane in Barberton-area loop droog

Barberton ondervind ook ernstige waterprobleme. Die DA-raadslid, Philip Minnaar, vra dat Mbombela-munisipaliteit 'n plan bedink en dit aan inwoners kommunikeer.
12 Feb 6AM 12 min

Callum Makiti met pannekoek

Callum Mac Pherson kan vinnig en aanhoudend baie pannekoek bak. Saterdag pak hy 'n nuwe uitdaging aan by die Maroela Makiti.
28 Jan 9AM 8 min

Senteeko-dam nougekeurig gemonitor

Die De Kaap-besproeiingsraad waarsku die Senteeko-dam in die Suidkaap-rivier buite Barberton bly onveilig en onstabiel terwyl hulle die situasie noukeurig monitor. Waarskuwings bly in plek. Die DA-raadslid, Philip Minnaar verduidelik.
23 Jan 6AM 5 min

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min