EFF onttroon DA as amptelike opposisie in Mbombela

Loading player...
Die EFF het die DA net-net as die amptelike opposisie in Mbombela-munisipaliteit onttroon.
Die ANC kon met 65.21% van die stemme 59 setels behou vir beheer van die stadsraad.
Die EFF kon in totaal 14,68% van die stemme wen vir 14 setels, en die DA 13,54% vir 12 setels.
Die VF Plus het drie en die ACDP en ATM een elk.
Die DA, tot op hede die amptelike opposisie in die raad, kon wyke 15, 16 en 17 in Nelspruit behou, sowel as Witrivier (wyk 30).
Thea Rix, wat vir die eerste keer in ‘n verkiesing gestaan het, het wyk 15 vir die DA loshande gewen.
3 Nov 2021 10AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Krane in Barberton-area loop droog

Barberton ondervind ook ernstige waterprobleme. Die DA-raadslid, Philip Minnaar, vra dat Mbombela-munisipaliteit 'n plan bedink en dit aan inwoners kommunikeer.
12 Feb 6AM 12 min

Callum Makiti met pannekoek

Callum Mac Pherson kan vinnig en aanhoudend baie pannekoek bak. Saterdag pak hy 'n nuwe uitdaging aan by die Maroela Makiti.
28 Jan 9AM 8 min

Senteeko-dam nougekeurig gemonitor

Die De Kaap-besproeiingsraad waarsku die Senteeko-dam in die Suidkaap-rivier buite Barberton bly onveilig en onstabiel terwyl hulle die situasie noukeurig monitor. Waarskuwings bly in plek. Die DA-raadslid, Philip Minnaar verduidelik.
23 Jan 6AM 5 min

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min