Renosterstropers sit 16 jaar

Loading player...
Twee renosterstropers is Vrydag tot effektief 16 jaar gevangenisstraf gevonnis in die Skukuza-landdroshof.
Jordan Samuel Mathonsi en Gorge Masango het skuldig gepleit.
Die polisie se brigadier Selvy Mohlala sê twee vars renosterhorings sowel as 'n jaggeweer en ammunisie is in hul besit gevind.
Elkeen is 10 jaar tronkstraf opgelê vir die jag van renosters, ses jaar vir die besit van 'n onwettige vuurwapen, vyf en twee jaar onderskeidelik vir die besit van 'n ongelisensieërde vuurwapen en ammunisie, drie jaar vir die onwettige betreding van die NKW en een jaar vir onwettige immigrasie.
Van die vonnise sal gelyktydig uitgedien word.
8 Nov 2021 3AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Krane in Barberton-area loop droog

Barberton ondervind ook ernstige waterprobleme. Die DA-raadslid, Philip Minnaar, vra dat Mbombela-munisipaliteit 'n plan bedink en dit aan inwoners kommunikeer.
12 Feb 6AM 12 min

Callum Makiti met pannekoek

Callum Mac Pherson kan vinnig en aanhoudend baie pannekoek bak. Saterdag pak hy 'n nuwe uitdaging aan by die Maroela Makiti.
28 Jan 9AM 8 min

Senteeko-dam nougekeurig gemonitor

Die De Kaap-besproeiingsraad waarsku die Senteeko-dam in die Suidkaap-rivier buite Barberton bly onveilig en onstabiel terwyl hulle die situasie noukeurig monitor. Waarskuwings bly in plek. Die DA-raadslid, Philip Minnaar verduidelik.
23 Jan 6AM 5 min

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min