Meer as 80 vroue sedert April in Mpumalanga vermoor

Loading player...
Mpumalanga se LUR vir maatskaplike ontwikkeling, Lindiwe Ntshalintshali, het haar kommer uitgespreek oor die toenemende gevalle van geweld teen vroue en kinders sedert April.
Tot en met September is 84 vroue in die provinsie vermoor, 716 verkrag, 72 seksueel aangerand, en 3-duisend-164 aangerand.
Die provinsiale regering het Vrydag hul 16 Dae van Aktivisme-verldtog in Karinet afgeskop.
Ntshalintshali het ‘n beroep gedoen op die polisie om meer kinderbeskermings-eenhede te skep.
Areas soos Kabokweni, Pienaar, Embalenhle, Emalahleni en KwaMhlanga is uitgelig as besonders kommerwekkend.
29 Nov 2021 4AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Krane in Barberton-area loop droog

Barberton ondervind ook ernstige waterprobleme. Die DA-raadslid, Philip Minnaar, vra dat Mbombela-munisipaliteit 'n plan bedink en dit aan inwoners kommunikeer.
12 Feb 6AM 12 min

Callum Makiti met pannekoek

Callum Mac Pherson kan vinnig en aanhoudend baie pannekoek bak. Saterdag pak hy 'n nuwe uitdaging aan by die Maroela Makiti.
28 Jan 9AM 8 min

Senteeko-dam nougekeurig gemonitor

Die De Kaap-besproeiingsraad waarsku die Senteeko-dam in die Suidkaap-rivier buite Barberton bly onveilig en onstabiel terwyl hulle die situasie noukeurig monitor. Waarskuwings bly in plek. Die DA-raadslid, Philip Minnaar verduidelik.
23 Jan 6AM 5 min

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min