Bakkery in Bosbokrand beroof

Loading player...
Sowat agt gewapende mans het gisteraand ‘n Sunbake bakkery in Bosbokrand beroof.
Volgens brigadier Slevy Mohlala het hulle om ongeveer half 12 die bakery bestorm. Hulle het sekerheidswagte wat in ‘n bakkie by die hek geparkeer was, van hul vuurwapens beroof en in ‘n kantoor toegesluit.
Hulle het met plofstof die kluis oop geblaas, voor hulle in die rigting van Hazyview gevlug het met kontant, die vuurwapens en 'n Bidvest Toyota bakkie met registrasienommer TY74FSGP.
7 Jan 2022 3AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Krane in Barberton-area loop droog

Barberton ondervind ook ernstige waterprobleme. Die DA-raadslid, Philip Minnaar, vra dat Mbombela-munisipaliteit 'n plan bedink en dit aan inwoners kommunikeer.
12 Feb 6AM 12 min

Callum Makiti met pannekoek

Callum Mac Pherson kan vinnig en aanhoudend baie pannekoek bak. Saterdag pak hy 'n nuwe uitdaging aan by die Maroela Makiti.
28 Jan 9AM 8 min

Senteeko-dam nougekeurig gemonitor

Die De Kaap-besproeiingsraad waarsku die Senteeko-dam in die Suidkaap-rivier buite Barberton bly onveilig en onstabiel terwyl hulle die situasie noukeurig monitor. Waarskuwings bly in plek. Die DA-raadslid, Philip Minnaar verduidelik.
23 Jan 6AM 5 min

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min