Departement tref voorsorg vir moontlike teleurstelling wanneer gr. 12's uitslae kry

Loading player...
Die onderwysdepartement het ouers gevra om Vrydag saam met hul kinders hul graad 12 uitslae by skole te gaan afhaal, sodat onderwysers die puntestate kan verduidelik.
Meer as 62-duisend leerlinge in Mpumalanga het in 2021 die matriekeindeksamen afgelê.
Die departement teiken ‘n slaagsyfer van 83-persent in die provinsie.
Die departement rva ook dat ouers nie onnodige druk op hul kinders plaas nie.
Woordvoerder Gerald Sambo sê hulle is bewus van die druk wat die uitslae op leerders en ouers plaas, en het professionele ondersteuning beskikbaar.
19 Jan 2022 4AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Krane in Barberton-area loop droog

Barberton ondervind ook ernstige waterprobleme. Die DA-raadslid, Philip Minnaar, vra dat Mbombela-munisipaliteit 'n plan bedink en dit aan inwoners kommunikeer.
12 Feb 6AM 12 min

Callum Makiti met pannekoek

Callum Mac Pherson kan vinnig en aanhoudend baie pannekoek bak. Saterdag pak hy 'n nuwe uitdaging aan by die Maroela Makiti.
28 Jan 9AM 8 min

Senteeko-dam nougekeurig gemonitor

Die De Kaap-besproeiingsraad waarsku die Senteeko-dam in die Suidkaap-rivier buite Barberton bly onveilig en onstabiel terwyl hulle die situasie noukeurig monitor. Waarskuwings bly in plek. Die DA-raadslid, Philip Minnaar verduidelik.
23 Jan 6AM 5 min

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min