Man skiet glo meisie dood en vlug

Loading player...
Die polisie ondersoek 'n moord en poging tot moord na 'n man sy meisie Saterdagaand buite 'n kuierplek in Standerton doodgeskiet het.
Volgens Brigadier Selvy Mohlala het hulle stry gekry voor hy haar geskiet het.
Haar broer het probeer om tussenbeide te tree en is ook in sy onderlyf geskiet.
Die verdagte het te voet gevlug en sy voertuig op die toneel gelos.
Die gewonde man het sy suster hospitaal toe geneem, maar sy is met haar aankoms dood. Die broer is later ontslaan.
Die polisie glo ene Jan Mofokeng kan hulle help met hul ondersoek en die publiek is gevra om speur-sersant Oupa Radebe met inligting te kontak by 063-445-7885.
1 Feb 2022 5AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Krane in Barberton-area loop droog

Barberton ondervind ook ernstige waterprobleme. Die DA-raadslid, Philip Minnaar, vra dat Mbombela-munisipaliteit 'n plan bedink en dit aan inwoners kommunikeer.
12 Feb 6AM 12 min

Callum Makiti met pannekoek

Callum Mac Pherson kan vinnig en aanhoudend baie pannekoek bak. Saterdag pak hy 'n nuwe uitdaging aan by die Maroela Makiti.
28 Jan 9AM 8 min

Senteeko-dam nougekeurig gemonitor

Die De Kaap-besproeiingsraad waarsku die Senteeko-dam in die Suidkaap-rivier buite Barberton bly onveilig en onstabiel terwyl hulle die situasie noukeurig monitor. Waarskuwings bly in plek. Die DA-raadslid, Philip Minnaar verduidelik.
23 Jan 6AM 5 min

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min