Ons Winkel eersdaags in Barberton

Loading player...
Solidariteit Helpende Hand maak Vrydag Ons Winkel oop in Barberton.
Rika Buck sê hulle is opgewonde om die baken, Greenstone Trading Post, as adres te kan hê.
In die Laeveld is daar reeds Ons Winkels in Nelspruit en Witrivier, waar mense items kan skenk wat hulle nie meer ‘n nut voor het nie, en wat iemand anders dan kan koop.
Buck sê absoluut enigiets is welkom - veral klerehangers, linne, gordyne en mansklere.
Opbrengs van die winkel word aangewend vir die studiefonds, sowel as kleiner projekte soos die Kosblikkie- en skooltassie-projek, die vrouefonds, Help Hetta en droomrokke.
7 Feb 2022 4AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Krane in Barberton-area loop droog

Barberton ondervind ook ernstige waterprobleme. Die DA-raadslid, Philip Minnaar, vra dat Mbombela-munisipaliteit 'n plan bedink en dit aan inwoners kommunikeer.
12 Feb 6AM 12 min

Callum Makiti met pannekoek

Callum Mac Pherson kan vinnig en aanhoudend baie pannekoek bak. Saterdag pak hy 'n nuwe uitdaging aan by die Maroela Makiti.
28 Jan 9AM 8 min

Senteeko-dam nougekeurig gemonitor

Die De Kaap-besproeiingsraad waarsku die Senteeko-dam in die Suidkaap-rivier buite Barberton bly onveilig en onstabiel terwyl hulle die situasie noukeurig monitor. Waarskuwings bly in plek. Die DA-raadslid, Philip Minnaar verduidelik.
23 Jan 6AM 5 min

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min