RFL is terug in 'n nuwe gedaante

Loading player...
Die Nelspruit Relay for Life is vanjaar terug en met ‘n nuwe baadjie aan.
Na 15 jaar van deurnag stap, en twee jaar wat dit glad nie aangebied kon word nie, is die seremonie vanjaar heelwat korter.
Riaan Loubser sê dit is deels te wyte aan Covid-19-regulasies. Dit vind op 9 April plaas by Eagles View Play Park.
Die middag-seremonie sal voorafgegaan word deur 'n bergfiets rit.
Die stap gedeelte sal slegs sowat twee ure duur, en gevolg word deur die gebruiklike seremonies vir die oorlewendes, hul versorgers en almal wat weens die siekte oorlede is met die Luminaria-seremonie waar kerse vir hulle aangesteek word.
8 Feb 2022 6AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Krane in Barberton-area loop droog

Barberton ondervind ook ernstige waterprobleme. Die DA-raadslid, Philip Minnaar, vra dat Mbombela-munisipaliteit 'n plan bedink en dit aan inwoners kommunikeer.
12 Feb 6AM 12 min

Callum Makiti met pannekoek

Callum Mac Pherson kan vinnig en aanhoudend baie pannekoek bak. Saterdag pak hy 'n nuwe uitdaging aan by die Maroela Makiti.
28 Jan 9AM 8 min

Senteeko-dam nougekeurig gemonitor

Die De Kaap-besproeiingsraad waarsku die Senteeko-dam in die Suidkaap-rivier buite Barberton bly onveilig en onstabiel terwyl hulle die situasie noukeurig monitor. Waarskuwings bly in plek. Die DA-raadslid, Philip Minnaar verduidelik.
23 Jan 6AM 5 min

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min