Witrivier gerat vir Goldwagen Interlaer môre

Loading player...
Laerskool Witirvier bied Saterdag by Hoërskool Rob Ferreira die Goldwagen Interlaer ateletiekbyeenkoms aan.
Daar is ‘n beperking van 2-duisend op bywoning, maar alles word ook op DigiTV uitgesaai.
Die atlete van Laerskole Witrivier, Barberton, Bergland, Laeveld, Lydenburg, Nelspruit en Nelspruit Primary sal sake op die baan en veld uitspook.
Laerskool Witrivier se waarnemende hoof, Marianne Oosthuizen, sê die kinders, onderwysers en veral ouers is baie opgewonde na hierdie terugkeer na normaal.
Die eerste items is om 8-uur, en die prysuitdeling om kwart voor vier.
18 Feb 2022 4AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Krane in Barberton-area loop droog

Barberton ondervind ook ernstige waterprobleme. Die DA-raadslid, Philip Minnaar, vra dat Mbombela-munisipaliteit 'n plan bedink en dit aan inwoners kommunikeer.
12 Feb 6AM 12 min

Callum Makiti met pannekoek

Callum Mac Pherson kan vinnig en aanhoudend baie pannekoek bak. Saterdag pak hy 'n nuwe uitdaging aan by die Maroela Makiti.
28 Jan 9AM 8 min

Senteeko-dam nougekeurig gemonitor

Die De Kaap-besproeiingsraad waarsku die Senteeko-dam in die Suidkaap-rivier buite Barberton bly onveilig en onstabiel terwyl hulle die situasie noukeurig monitor. Waarskuwings bly in plek. Die DA-raadslid, Philip Minnaar verduidelik.
23 Jan 6AM 5 min

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min